'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

13.1.15

Geweld onder sjimpansees is ’n leefwyse

Vir die afgelope vyf dekades bestudeer verskeie organisasies al ons naaste familie in die diereryk, die sjimpansee.

’n Analise van die bevindings dui daarop dat sjimpansees mekaar doodmaak om vyande uit te wis of om ’n beter gebied, lewensmaat, kos of ander hulpbron te bekom. Die geweld is nie weens die mens se invloed op dié diere nie – soos wat voorheen vermoed is.

Moord is deel van die taktiek om te oorleef onder sjimpansees. Dit is gewoonlik die mannetjies wat so gewelddadig is. Die slagoffers is gewoonlik ander mannetjies of pasgeborenes.



No comments:

Post a Comment