'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

29.12.14

Olifante kan ook stres ervaar

Dit is nie net die mens wie se gedrag deur stres beïnvloed word nie. Olifante ervaar dieselfde probleem.

Stres kan hulle bang maak, aggressief en hul sosiale bande verswak. Die simptome wat hulle ervaar kan vergelyk word met post-traumatiese stresversteuring, en kan vir dekades aanhou.

Die Amarula Trust het R6 miljoen bygedra aan navorsing oor olifante se gedrag. Stres is 'n belangrike fokus van die studie. Die bevindinge word gebruik in die bestuur en ontwikkeling van bewaringsprogramme vir olifante.

Olifante is intense sosiale soogdiere. Hul kuddes kan versteur word deur stropery, uitdunning, ’n gefragmenteerde habitat as gevolg van boerdery of eiendomsontwikkeling, of as 'n gevolg van die impak van toerisme. Met toenemende druk op natuurlike hulpbronne en klimaatsverandering, kan die gevolge van stres meer ernstig raak.

No comments:

Post a Comment