'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

10.11.14

Skaaphonde se eenvoudige reëls

Skaaphonde gebruik net twee eenvoudige reëls wanneer hulle groot troppe skape moet beheer.

Wetenskaplikes het van GPS-tegnologie gebruik gemaak om te leer hoe dié honde hulle werk doen. Die data wat ingesamel is, is gebruik om ’n model vir skaapwagters te bou. Basies beweeg die hond heen-en-weer agter die skape. As die hond sien daar ontstaan ’n gaping tussen die skape druk hy / sy hulle van die kant af om die gaping te vernou. So kan een hond tot 100 skape beheer.

Die model gaan gebruik word vir die ontwikkeling van robot-skaapwagters en vir skarebeheer.



No comments:

Post a Comment