'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

11.11.14

Runner’s World Dog Run

Die Runner’s World Dog Run vind eerskomende Saterdag, 15 November 2014, plaas.

Deelnemers kan kies tussen ’n 3 km en 6 km roete in die Walkhaven Hondepark in Johannesburg.

Die dag se opbrengs word geskenk aan die Barking Mad Foundation. Dié organisasie sorg vir troeteldiere wat weggegooi is en kry vir hulle nuwe huise.

Inskrywings kos R160 per persoon en sluit ’n bandana in vir jou hond, ’n goodie bag, drie maande se uitgawes van Runner’s World en ’n gratis was vir jou hond.

Registrasie is vanaf 06h00. Die 6 km begin om 07h30 en die 3 km om 08h00. Besprekings kan gemaak word by dogrun@media24.com.

No comments:

Post a Comment