'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

4.11.14

'n Ma is ook belangrik onder bobbejane

’n Studie oor oorheersing in wyfie bobbejane dui daarop dat noue bande met die ma en ondersteuning van die susters die pad na 'n hoër rang in die trop oopmaak.

’n Wyfie bobbejaan se sosiale status word nie bepaal deur grootte of krag nie, maar deur die rang van haar ma - hoe hoër die moeder se posisie, hoe hoër sal die posisie van haar dogter wees. Om hierdie rede word rang in wyfie bobbejane grootliks bepaal by geboorte. Wyfies van hooggeplaaste moeders is verseker van 'n goeie plek in die rangorde, terwyl ander wyfies tevrede moet wees met ’n lae rang.

Wyfies wat hoër is op die sosiale leer teister ook die res in die geledere as 'n herinnering van hul reg om eerste te eet of ’n lekker slaapplek te vat. ’n Hooggeplaaste wys haar mag deur haar tande te ontbloot of op die grond te klap, terwyl ondergeskiktes nie in haar oë kyk nie en eerder padgee.

Dinge kan egter verander en die ma speel ’n groot rol hier. As die ma die kleintjie bystaan in ’n stryery oor kos of slaapplek, sal die ander haar nie sommer teëgaan nie. Wyfies met ’n hoër rang se ma’s is dus geneig om langer na hulle te kyk. Net so help susters ook in gevegte met ander wyfies.


(foto Susan Alberts)

No comments:

Post a Comment