'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

17.11.14

’n Elektroniese muis vir jou kat

Mousr is ’n elektroniese muis vir jou kat. Die klein robot is gelaai met sensors en ’n luidspreker, alles daarop gemik om jou kat besig te hou.

Die robot reageer wanneer jou kat nader kom en slaan op die vlug, nes ’n regte muis. Dit maak geluide om die ervaring meer lewensgetrou te maak. Wanneer jy lus het, kan jy Mousr beheer met behulp van ’n toepassing op jou slimfoon.

Katliefhebbers gaan hul hand diep in die sak moet druk vir ’n Mousr. Op die oomblik lyk dit asof hulle teen sowat R1 500 gaan verkoop.



No comments:

Post a Comment