'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

7.7.14

Keiserpikkewyn in die moeilikheid

’n Internasionale span wetenskaplikes wat die keiserpikkewyn bevolking in Antarktika bestudeer het bevind dat die diere se getalle dramaties kan verminder weens klimaatsverandering.

Dié pikkewyne is afhanklik van die pakys vir hulle voortbestaan en daarom is hulle baie sensitief vir enige veranderinge in die konsentrasie pakys. Die navorsers, onder leiding van Stephanie Jenouvrier, het bepaal dat teen die tempo waarteen die ys tans smelt, die pikkewyne met 50% kan verminder teen die einde van die eeu.

Navorsing oor die keiserpikkewyn in Antarktika is reeds meer as 50 jaar aan die gang. Daar is onder andere bevind dat die vermindering is ys veroorsaak dat die habitat vir planktonkrefies minder raak. Dié krefies is, is ’n kritiese voedselbron vir die keiserpikkewyn.



(foto met vergunning van Stephanie Jenouvrier: Jonouvrier met ’n jong keiserpikkewyn)

No comments:

Post a Comment