'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

23.6.14

Langkuifpikkewyn (Macaroni Penguin)

Eudyptes chrysolophus

Hierdie is ’n seldsame pikkewyn langs die Suid-Afrikaanse kus. Dié pikkewyn kan uitgeken word aan die oranjegeel wenkbroue wat op die voorkop bymekaarkom. Enkeles word aanland gesien, maar nie sommer op see nie.

Die langkuifpikkewyn uiter ’n skor nasale gebalk wanneer dit in die water is.

Dié pikkewyne maak in die somer nes op die Bouvet-, Marion- en Prins Edward-eiland.



No comments:

Post a Comment