'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

2.6.14

Geelkuifpikkewyn (Rockhopper Penguin)

Eudyptes chrysocome

Een van die swerwers van die pikkewynfamilie. Hulle word langs die Kaapse kus gesien, soms kan jy enkelinge sien wat aan die verveer is aan land.

Die geelkuifpikkewyn word uitgeken aan sy kort stomp rooi snawel en die liggeel streep wat van voor sy oë af strek tot op sy agterkop en eindig in ’n stywerige verebos – die punk van ons pikkewyne. Die is sy verepluime langs die kop wat hom onderskei van die langkuifpikkewyn.

In die somer maak hulle nes op die Tristan-eilandgroep en op Marion- en Prins Edward-eiland.



No comments:

Post a Comment