'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

5.5.14

Tristanstreepkoppie (Tristan Bunting)

Nesospiza acunhae

Die Tristanstreepkoppie kom slegs op Inaccessible- en Nightingale-eiland voor. Die voëls op Inaccessible se snawels is groter, hulle bors meer vaalbruin en kan ’n paar hoër note uitroep.

Dié voëltjies kom voor in pare of klein swermpies. Jy sien hulle normaalweg op die grond of in struike op soek na insekte. Lees meer oor die interessante Inaccessible-eiland by die Inaccessible-riethaan.



(foto: 'n Tristanstreepkoppie op Inaccessible-eiland; Brian Gratwicke)

No comments:

Post a Comment