'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

6.1.14

Krokodille is slimmer as wat ons gedink het

Krokodille is slimmer as wat ons voorheen gedink het, sommige van hulle kan selfs lokvalle stel vir hulle prooi.

Navorsers aan die Universiteit van Tennessee in Knoxville, Amerika, het gevind dat sekere spesies klein takkies bymekaarmaak, waarmee hulle voëls nader lok. Dit gebeur ook net in die tyd van die jaar wat die voëls broei.

Die stokkies en takkies word op hulle snoet gedra. Die krokodil gryp enige voëls wat van die stokkies probeer vat. Die gedrag is waargeneem in Amerika en in Indië.



(foto Vladimir Dinets)

No comments:

Post a Comment