'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

8.10.13

Vier nuwe spesies beenlose akkedisse ontdek

Bioloë het vier nuwe spesies beenlose akkedisse ontdek in die Mojave-woestyn in Kalifornië.

Daar is sowat 200 spesies beenlose akkedisse wêreldwyd. Die akkedisse het hul bene ‘verloor’ om vinniger in die sand te grawe. Die akkedisse het op onafhanklik op vyf kontinente so ontwikkel.

Die akkedisse word selde gesien, omdat hulle hoofsaaklik onder die sand bly. Hulle hele lewe word gewoonlik spandeer in 'n area so groot soos 'n eetkamertafel. Hulle leef van insekte en larwes.

Die nuwe slangagtige akkedisse is vernoem na vier vername wetenskaplikes van die Universiteit van Berkeley: Joseph Grinnell, Charles Camp, Annie Alexander en Robert C. Stebbins.

Die ontdekking is verlede maand aangekondig in die joernaal Breviora.


Anniella grinnelli

(foto Alex Krohn)

No comments:

Post a Comment