'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

16.10.13

Inaccessible-eilandriethaan (Inaccessible Island Rail)

Atlantisia rogersi

Dié klein riethaantjie kry sy naam by die eilande waar hulle algemeen voorkom, die Inaccessible-eiland. Die eiland is eintlik 'n dooie vulkaan wat sowat 45 km suidwes van Tristan da Cunha lê. Die eiland het 'n omtrek van 14 km². Die eiland is maar vir die eerste keer in 1982 vir die eerste keer volledig gekarteer. Dit was altyd baie moeilik om die binneland van die eiland te bereik, vandaar die naam. Die eiland is 'n wêreld erfenisgebied en 'n belangrike broeiplek vir seevoëls.

Die Inaccessible-eilandriethaan is die eiland se bekendste inwoner. Dit is die wêreld se kleinste voël wat nie kan vlieg nie. Dit is 'n uiters lawaaierige klein voëltjie en die voëls se geroep kan oral oor die eiland gehoor word. Die voëltjies is baie nuuskierig en verlaat maklik hul skuiling om vreemde voorwerpe te ondersoek.



Foto: Brian Gratwicke

No comments:

Post a Comment