'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

3.6.13

Onwettige netwerk van leeu- en jagluiperdwelpies

Suid-Afrikaanse leeutelers is glo deel van 'n onwettige netwerk wat leeu- en jagluiperdwelpies vanaf Botswana smokkel as voorraad vir plaaslike plase, berig The Times.

Volgens die koerant word minstens vyf Suid-Afrikaanse leeuboere betrek by 'n ondersoek na gevalle waar welpies na leeuplase in Suid-Afrika gesmokkel word om voorsiening te maak vir die internasionale mark vir trofee-jag.

"Ek wil nie sê alle leeutelers is betrokke nie, maar daar is definitief vyf of ses mense waarvan ek weet," het Sarel van der Merwe, 'n natuurbewaarder, aan die koerant gesê.

"Die ouens by die Problem Animal Control Group ['n regeringsliggaam in Botswana] het almal selfone. In plaas daarvan om die 'probleem diere' by hul hoofde aan te meld, bel hulle boere in Suid-Afrika."

Van der Merwe het gesê indien die "probleem dier" 'n leeuwyfie is, word sy geskiet en haar welpies uitgesmokkel.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, kon nie enige ondersoek na die smokkel van diere oor die grens bevestig nie.

Die regering het in 2007 'n verbod geplaas op geblikte jag (trofee-jag van diere in 'n omheinde gebied) in 2007.

Die Suid-Afrikaanse Roofdier-telersvereniging het teen die verbod geappelleer en die saak in 2011 gewen.

No comments:

Post a Comment