'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

4.3.13

So jag 'n pikkewyn

Miniatuur-kameras wat aan pikkewyne se koppe vasgemaak word, het Japannese wetenskaplikes ‘n nuwe manier gegee om dié diere se merkwaardige jagvaardighede onderwater te bestudeer.

Die videokameras, wat net 33 gram weeg en met versnellings-, diepte- en termometers toegerus is, stel wetenskaplikes in staat om presies te sien wat Adeliepikkewyne sien wanneer hulle gaan jag.

No comments:

Post a Comment