'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

21.1.13

Sjimpansee-geboorte regstreeks

Die Jane Goodall Instituut (JGI) naby Nelspruit beplan om ‘n sjimpansee-geboorte regstreeks aanlyn uit te saai – die eerste webuitsending van sy soort.

David Devo Oosthuizen, JGI se uitvoerende direkteur, het gesê ‘n kamera word gebruik om die dragtige sjimpansee, genaamd Nina, te monitor. Sy kan 24 uur per dag aanlyn dopgehou word.

Die negejarige Nina, wat by Chimp Eden, 12 km buite Nelspruit aangehou word, is onder kwarantyn geplaas ter voorbereiding vir die geboorte, wat na verwagting binne die volgende paar dae sal plaasvind.

Nina is in 2007 in Suid-Soedan saam met vier ander sjimpansees deur die JGI gered. Een van dié sjimpansees, Thomas, is glo die pa is van Nina se eersteling.

Nina webuitsending

No comments:

Post a Comment