'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

28.1.13

Kinders moet nie robbe voer nie

Jong seuns wat visse in hul monde rondswaai om robbe by die Houtbaai-hawe te lok, stel nie net hul lewens in gevaar nie, maar verontagsaam ook die wet.

Die seuns voer die robbe op dié manier in die hoop om 'n paar rand uit toeriste te verdien.

In 2009 is 'n 14-jarige seun, wat 'n vis in sy mond gehad het, beseer nadat 'n rob uit die water gespring en hom op sy mond gebyt het.

Ingevolge die Wet op die Beskerming van Seevoëls en Robbe is dit onwettig om die diere te voer.

No comments:

Post a Comment