'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

23.1.13

Kat waarsku eienaar teen inbreker

'n Kat het 'n vreemde geluid gemaak en sodoende sy Kaapse eienaar bewus gemaak van 'n inbreker buite sy venster. 'n Man van Claremont was in sy sitkamer toe sy kat, Whisky, 'n ongewone kreungeluid maak en op die vensterbank spring. Hy het gesien hoe 'n man verby die venster na sy oop kombuisdeur stap. Die inbreker was verbaas om hom daar te sien. Die man het 'n bofbalkolf gegryp en met die inbreker gestoei en hom op die kop geslaan. Die inbreker moes met leë hande vlug.

No comments:

Post a Comment