'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

19.12.12

Man skiet hond wat blaf

'n Man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n hond geskiet het wat blaf, het Woensdag in die King William's Town-landdroshof verskyn, het die polisie gesê.

Die 34-jarige Lucas Merine is Maandag by 'n huis in Sweetwaters in hegtenis geneem nadat hy die hond geskiet en 'n vuurwapen op sy eienaar gerig het.

Die hond het die skietery oorleef.

Merine is borgtog van R500 toegestaan maar kon dit nie betaal nie.

Die saak is tot 6 Februarie uitgestel.

No comments:

Post a Comment