'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

29.10.12

Pos jou naels vir renosters

'n Aktivis vir diereregte het sy toonnaels aan die Chinese ambassade in Pretoria gestuur, oor die toenemende aantal renosters wat gestroop word.

Mark Wilby van Grahamstad doen 'n beroep op ander Suid-Afrikaners om dieselfde te doen.

Renosterhoring bestaan uit keratien, dieselfde proteïen wat in hare, vinger- en toonnaels voorkom. In sommige Asiese lande word daar geglo dat die horings medisinale waarde het.

Die Chinese ambassade se adres is:

Pretoriusstraat 972
Arcadia
Pretoria
0083



(via Roekeloos.co.za)

No comments:

Post a Comment