'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

17.9.12

Vier nuwe spesies hoefystervlermuis

Wetenskaplikes het vier nuwe spesies van die hoefystervlermuis ontdek in Oos- en Suider-Afrika.

Navorsers van die Universiteit Stellenbosch was betrokke die studie wat in die joernaal PLOS ONE verskyn het.

Twee van die spesies is vernoem na Suider-Afrikaanse bewaringsgesindes – Lientjie Cohen, 'n wetenskaplike van Mpumalanga se toerisme-en-parke-agentskap, en wyle dr. Reay Smithers, die skrywer van 'n omvattende soogdier-antologie van Suider-Afrika.

Die nuwe spesies staan nou bekend as Cohen se hoefystervlermuis (Rhinolophus cohenae), Smithers se hoefystervlermuis (Rhinolophus smithersi), die Mosambiekse hoefystervlermuis (Rhinolophus mossambicus) en die Berg Mabu-hoefystervlermuis (Rhinolophus mabuensis).

No comments:

Post a Comment