'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

27.8.12

Honde-smokkelary tussen Suid-Afrika, Namibië en Angola

Interpol het bekend gemaak dat hulle saam met Suid-Afrika, Namibië en Angola werk om die beweerde smokkelary van honde stop te sit.

Twee Angolese mans is al in Angola in hegtenis geneem in verband met die smokkelary van sowat 15 honde. Daar word ook gesoek na mans vroeër met 10 honde deur die grens geglip het.

Van die honde is glo in Kaapstad gesteel.

Drie voertuie wat met honde volgelaai was het die afgelope week al die grens na Angola probeer oorsteek. Die honde is glo in Suid-Afrika en Namibië gesteel en word glo vir R40 000 en meer in Angola verkoop.

Daar is reeds verlede jaar vier Angolese mans in hegtenis geneem op die Suid-Afrikaanse grens wat met ’n sleepwaentjie vol honde na Angola onderweg was. Twintig honde is gekonfiskeer.



No comments:

Post a Comment