'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

20.8.12

Die luiperdpadda

Die luiperdpadda is ’n Suid-Afrikaanse spesie wat gevaar loop om uit te sterf.

Hierdie groot padda kom slegs in die kusstreek van die Kaapse Vlakte tot die Agulhas-vlakte voor. Hulle plant voort in oop waterliggame – deesdae is dít net in openbare oop ruimtes of op privaat grond, terwyl die paar beskermde persele deur stadspreiding omring word. Daarom is die samewerking van inwoners wie se tuine as vreet- en toevluggebiede vir die paddas dien, noodsaaklik vir hulle oorlewing.

Nog ’n groot bedreiging is padverkeer; baie paddas word raakgery wanneer hulle laatwinter na en van hulle teelaardes beweeg en wanneer die klein paddatjies vroegsomer hulle opwagting maak. Hierdie paddas is ’'n beskermde spesie, en dit is onwettig om hulle te versamel of te verskuif.

Vir meer inligting oor luiperdpaddas, en om meer paddavriendelik op te tree, besoek www.leopardtoad.co.za.

No comments:

Post a Comment