'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

11.6.12

Hond bestaan al langer as wat vermoed is

'n Hondeskedel wat in 'n grot in Siberië gevind is dateer 33 000 jaar terug en dui aan dat honde dalk verskeie voorouers gehad het.

Die hondeskedel is ook bewys dat die hond al baie langer 'n troeteldier is as wat voorheen vermoed is.

Die DNA wat verkry is van die skedel dui op 'n groter verskeidenheid voorsate. Dit beteken basies dat wolwe op meer plekke op die planeet huisdiere geword het as waarvoor daar voorheen bewyse bestaan het.

Die navorsing het in die joernaal PLoS One verskyn.



No comments:

Post a Comment