'n QVRP blog

Loading

4.9.09

Velsiekte by honde

Ek het nie kommentaar nie maar soek hulp/raad met my 2 swart wolf honde. Hulle lek hulle voor- en agterpote tussen kussingkies stukkend, asook hulle pense. Krap ook baie. Was al by veearts, het gebad met allergiese sjampoo, vlooi poeier gegee, sprei met 'n sproei vir vlooie, dieet paar maal verander, pille gekry vir allergie, niks help. Word weekliks gekam en borsel. Geen teken van vlooie of bosluise. Het selfs olie oor kos gegooi wat veearts gegee het. Ek het raad gekry om groente te meng met hulle blokkies. Ek het altyd "Vets Choice" vir hulle gekoop, dit het hulle lang tand vir 'n jaar geëet, toe gee die veearts 'n ander produk, dit wou hulle nie eens aan raak. Ek het toe oorgegaan na Pedigree. Na 2 maande het ek gesien hulle het 'n spesiale pak net vir wolfhonde. Hulle eet dit, maar nog steeds dieselfde probleem. Ek het raad gekry om groente soos aartappels, seldery en wortels te kook, in die versapper te gooi en met hulle kos meng. Rou bene en vleis tussen in, maar niks werk. Weet nie meer wat om te doen. Hulle is 2 jaar oud en het die laaste 3 maande ergerlik begin. Hulle is mal daaroor om binne te bly omtrent meeste van die dag binne, speel graag buite, maar slaap saans en bedags binne. Hulle beddegoed word elke week gewas. Kan dit dalk die waspoeier wees, dit word tog in my wasmasjien gewas en getuimeldroog. Ons boerboel toon glad nie sulke gedrag, sy eet dieselfde kos.
- Corrie Delport

Helena van Rooyen antwoord:
Ek het dieselfde probleem ondervind by my honde. Daar is ongelukkig niks wat jy kan doen nie. Dit is 'n kroniese velsiekte, amper soos brandsiek. Jy kan Aquella Sjampoo probeer en kyk of dit help. My veearts in Pretoria het my honde 'n middel ingespuit elke 3de week. Dit het gehelp net tot die middel uitgewerk is en dan begin dit weer van voor af. Ek gaan sy nommer vir jou gee. Bel hom gerus vir raad. Ollie Matthee

Adri le Roux skryf:
My Maltees wat ek het, het ook baie haar voete gelek tot dit wil lyk of dit wil bloei tussen die kussingkies. Haar vel was so jikkerig dat sy sere gehad het. Sy was allergies vir vlooie. Wat ons toe gedoen het is: ons het al drie ons honde se bedde goedgewas en hulle mandjies ook. Ons het al drie die honde 'n goeie bad gegee en droog geblaas met haardroërs en toe net Frontline opgesit, ,van die nek tot amper by die stert. Dit is nou al seker 6 jaar later en het nog nie weer so 'n probleem op getel nie.
Ek hoop hierdie werk vir jou.

32 comments:

  1. Poedelkruising, die hond se hare val uit. Hy krap verskriklik en daar waar die hare uitgeval het is dit stukkend en gerimpel.

    ReplyDelete
  2. Anette van Blommestein19/10/09 13:49

    Kry die hond baie suiker in? Tee, koekies, lekkers? Dit kan 'n oorsaak wees. Ek weet die veeartse behandel sommige "krappers" met 'n soort kortisoon - klein hoeveelde daarvan, so drie of vier keer 'n jaar.

    ReplyDelete
  3. Jackie Stoltz22/10/09 12:28

    My kind se hondjie is siek, ek het alles al probeer, sy lek haarself letterlik dat die bloed loop. Die veeartse is hopeloos te duur en ek verdien nie genoeg om R350.00 net so uit my sak te kan betaal nie. Ek gee haar 2 etes op 'n dag maar sy tel nie gewig op nie. Sy begin ook baie hare afgooi en wil nie met my dogtertjie speel nie. Sy lê net heeldag en staan net op om te eet en om haar dingetjies te doen. Het iemand raad vir my?

    ReplyDelete
  4. Adri Edwards22/10/09 12:34

    Laat jou hond toets vir velekseem. Ek het 'n gemmerkat gehad wat ekseem gehad het. Die duurste behandeling het nie eers gehelp nie. Nodeloos om te sê my man moes hom laat uitsit.

    ReplyDelete
  5. Hi My naam is Petru. Ons het 'n klein Foxterriër.Ek sal se dat toe ons met vakansie was see toe, het ons hom by my ouers se huis gelos by hulle honde en hy het kort-kort "badaboutjies" sal ek se gaan le en met sy voor pote homself geskuur oor sy magie jeek.En as hy daar opgestaan het was hy bloedrooi gewees en toe ons terug is na 'n week was hy vol klein seertjies asof dit vlooie of iets was wat hom gebyt het. Maar terug te kom na sy magie toe. Tot nou toe gaan le hy badaboudjies en skuur of op die gras of op my mat of hy krap sy voorpote of gaan sit buite en krap homself ook so dat hy sommer so tjank geluidjies gee. WAt hy ook doen is dat hy sy een agterpote ook gebruik om sy magie te krap...

    Ek was gereeld sy beddegoed en was hom ook dieselfde dag as wat sy kombersies en so gewas word.Ek het babapoeier op gegooi en dan word dit beter vir 'n klein rukkie dan is dit weer van voor af dieselfde probleem... Wat anders kan ek doen??? Dankie

    ReplyDelete
  6. Adele Barnard26/1/10 13:53

    Ek het 'n pitbull wat ligbruin is. Haar naam Chinka en is nou so 3 jaar oud. Sy krap haar verskriklik en dan soms stukkend dat sy permanent met stukkende merke op haar lyf loop. Dit lyk vir my of haar hare op party plekke nie meer lekker groei nie. Dit is meestal op haar boude, agterrug en dan op haar maag. Ek het eers gedink dit is muskietbyte wat haar so laat jeuk maar ek dink dit maak dit net erger. Een van my vriendinne het vir my die raad gegee van ou motorolie maar ek is so bang sy raak siek daarvan. Ek het ook dan vir haar al van my allergiepilletjies gegee (Raad vanaf die veearts.) Ek kry haar so jammer, want as jy sien krap sy haarself. Ek hoop iemand het vir my raad.

    ReplyDelete
  7. Ons maltesie het dieselfde probleem. Hy is allergies vir vlooibyte. Koop 'n boksie swael (geel poeier) by enige apteek beskikbaar en meng met vaseline (omtrent 'n mespunt op 3 t vaseline) en smeer aan, dit verrig wonders. Kan ook vir mense met enige ekseem of swamsiektes gebruik word.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/12/12 15:33

      Ek het hierdie raad 'n ja
      ar gelede probeer - dit werk beslis !!!

      Delete
    2. Jy kan aquella shampoe gebruik

      Delete
  8. Helena van Rooyen26/1/10 13:54

    Ek het dieselfde probleem ondervind by my honde. Daar is ongelukkig niks wat jy kan doen nie. Dit is 'n kroniese vel siekte, amper soos brandsiek. Jy kan Aquella Sjampoo probeer en kyk of dit kan help. My veearts in Pretoria het my honde 'n middel ingespuit elke 3de week. Dit het gehelp net tot die middel uitgewerk is en dan begin dit weer van voor af. Ek gaan sy nommer vir jou gee. Bel hom gerus vir raad. Ollie Matthee 0833762030.

    ReplyDelete
  9. Julina Coetzee14/7/10 12:52

    Ek het 2 nuwe Boerboel hondjies gekry, nog puppies. Hulle het vreeslik gekrap en die veearts het toe bevestig dat hulle “sircoptiese uitslag” het. Dit het gelyk of hulle ‘n ekseem het en die hare het uitgeval. Vandat ek die hondjies het, het ek amper iets soos waterpokkies gekry, ‘n klein blasie en baie jeuk. Nou is die blasies weg, maar die rofies jeuk nog baie.

    Kon ek by die hondjies aangesteek het en indien wel, hoe kan ek dit behandel, of moet ek dokter toe gaan?

    Baie dankie

    ReplyDelete
  10. Ek het 'n 2 jaar oue worshondtjie en sy ogies dra aanhoudend, enige raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/2/12 10:35

      Ek verstaan die ogies het een of ander afskeiding? 'n Vearts moet na hom kyk.

      Delete
  11. Anonymous21/1/12 00:16

    Ek het 'n boerboel teef omtrent 4 jaar oud. Sy het nou in die laaste 2weke knoppe op haar vel begin kry. Dis nie bosluise nie, ek het gekyk. Daar is groot sowel as klein knoppe en ek glo sy krap dit stukkend, want sy is nou vol wonde en nou los die vliee haar nie uit nie, ek spuit so 'n pers middel op wat ek by 'n veearts gekry het maar dit lyk nie juis of dit help nie. Weet iemand wat dit kan wees en hoe ek haar kan help, dit lyk verskriklik.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/2/12 10:44

      Mens weet nou nie of daardie middel bedoel is vir die seerplekke en of dit die onderliggende probleem behandel nie. Indien dit een of ander gogga is wat haar byt moet mens dit probeer vasstel en hulle beveg. Dit kan ook as gevolg van 'n allergie wees, maar die vearts behoort dit vir jou te kan verduidelik. 'n Erger moontlikheid is dalk kanker - dit is gewoonlik groot knoppe onder die vel - maar dit klink nie so nie. Vat haar terug vearts toe, soms probeer die vearts verskillende dinge om uit te vind wat die oorsaak is. Sorg ook dat haar slaapplek en beddegoed altyd skoon is.

      Delete
    2. Anonymous13/2/12 10:45

      Kry chloorpiriphos (dink dis die korrekte spelling) verdun dit, gebruik dit as 'n dip of spuit die honde en hul slaap plekke asook hul le plekke, dit help vir vlooie ook net so goed. Kyk by senwes vir dit.

      Delete
    3. Anonymous19/4/12 12:29

      My ma is 'n pensionars en is al moedeloos.Sy het 'n chow kruising en die hond is siek.Sy wil hom nie graag laat uitsit nie want hy's maar nou eers 8jr oud.Sy vel het sere op en hy begin al 'n dooie reuktjie te kry.Sy't hom al besmet en mooi gewas en die hond eet baie goed.Dit lyk asof 'n kar oor hom gery het.Haar hart is seer.Enige raad wat iemand vir my kan gee?

      Delete
  12. Anonymous11/5/12 16:56

    Ek het 'n reun kruising ts 'n worsie en foksie. Hy het 'n lelike uitslag in sy lieste, dit lyk amper soos blasies onder die vel. Hy krap homself stukkend. Enige raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/6/12 11:03

      Pla dit hom? Indien wel vat hom vearts toe. Indien nie, gaan dit dalk vanself weg. Dalk is dit 'n tipe ekseem. Kyk Rita se raad hier bo.

      Delete
  13. Anonymous13/7/12 08:51

    Julle moet almal uitkyk vir Brandsiek. Dis simptome is maar baie dieselfde as 'n ekseem, alergie, gejeuk, knoppies, haar verlies. Honde kry ook myte soos mense. Mense kry myte as jy nie elke 6 ure bad nie. So ons almal het dit. Ons myte kan net beheer word met seep en shampoo wat gereeld gebruik word. Hett julle al jou matras met 'n stof suier uit gesuig deur 'n swart lap. Doen dit gerus. Al daai wit stoffies is myte. Myte eet dooie vel (dead skin cells) As 'n hond myte het en dit word nie behandel nie sit dit oor in brandsiek. Bransiek is as die wyfie myt onder die vel indring en begin eiers lê. Dit kan behandel word en daar is ook baie boere rate vir die toestand. Brandsiek is hoogs aansteeklik van dier tot dier en selfs tot mens.

    ReplyDelete
  14. het ook al alles probeer maar het al gehoor van swael en samboksalf . Danki vir die herhindering





    ReplyDelete
  15. Anonymous2/1/13 15:11

    ek het 'n jack russel teef. gister toe sien ek op haar stert is hare wat lyk of dit uitgetrek is en die kaal gedeelte is opgeswel. sy byt ook daar waar die stert begin. So kan iemand asb vir my se wat dit dalk kan wees en wat ek daarvoor kan gebruik asb. Ek kan haar nie verloor nie sy my alles dankie

    ReplyDelete
  16. Anonymous21/1/13 13:36

    Ek het 'n Duitse Herdershond (baie opreg) wat volgens die veearts Brandsiek het(al amper 'n jaar). Het ook al alle soorte kos probeer, al meer as 12 besoeke by veeartse, niks help. Die eerste een gee net kortesoon inspuitinngs elke maand, die ander het 'n brandsiek middel ingepuit,(blykbaar nie kortisoon), asook 'n mondelingse middel elke oggend en pille en verder moet ek hoendervelle elke dag saam met sy kos gee. Dis ietwat beter, so 30% verbetering, maar ek het nie R1000 elke maand vir veeartskostes nie. Die hare op sy kruis is al baie dun, die vel is skubberig en stink. Hy word elke 2 weke gewas. Ek het nou raakgelees van Swael en Vaseline mengsel om aan te smeer. Weet enigiemand of dit sal help?

    ReplyDelete
  17. My boerboel sit met dieselfde vel probleme. Dokters se middels het net uitgewerk en die probleme is terug. Het ook die swael en Vaseline probeer, maar sy krap en byt maar nog steeds. Moedeloos. Weet nie meer wat om te doen nie. Niks werk sover vir my hond nie.

    ReplyDelete
  18. Anonymous1/5/13 16:10

    Ek het selfde probleem, het die volgende prober:
    Diesel
    F10 Shampoo
    F10 Salf
    omloop salf
    niks werk ok vir my nie

    ReplyDelete
  19. Anonymous24/6/13 12:56

    dr oz - medicine that you can use for animals that is for human consumption

    - allergies and itching - Benadryl 1/2 mg per lb every 8 hours
    -pain - buffered aspirin 5mg per lb every 12 hours
    - motion sickness - Dramamine 12.5 mg to 50mg every 8 hours
    - diaree - kaopectate 1ml per lb every 2 hours
    - diaree upset stomach vomiting Pepto Bismol 1 tsp per 20 lbs every 6 hours
    - induce vomiting = hydrogen peroxide 3% 10ml by mouth every 15 min do not exceed three (3) times
    - constipation relief - mineral oil up to 4 tablesp per day - canned pumpkin works too

    ReplyDelete
  20. Anonymous25/9/13 17:15

    Ons 3jarige boerboelteef het vreemde swart "strepe" aan haar sye ontwikkel na ons verhuising na n nuwe tuiste sowat ses maande gelede. Dit het egter sonder enige behandeling verdwyn namate sy rustig geraak het in haar nuwe omgewing. Twee weke gelede is sy deur n pofadder gepik. Die veearts het haar onmiddelik op n drup geplaas, waarop sy uitstekend reageer het. Sy het baie mooi herstel, maar daar het nou sommer binne dae weer van hierdie die vreemde "donker lyne" aan weerskante van haar sye ontwikkel. Sy krap nie, verduur klaarblyklik geen ongemak nie, maar ek sou graag wou weet wat dit is.

    ReplyDelete
  21. Wie het n boereraat vir vlooie by honde? Ek is n pensioenaris en die produkte is so duur, daar moet tog iets wees wat die vlooie plaag kan beheer sonder dat ek n hoop geld hoef te betaal. Ella.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/5/14 08:45

      Daar is raad by http://troetel.blogspot.com/2010/07/vlooie-op-troeteldiere.html

      Delete
  22. Katrien
    Ek het n optel hond (staffie gekruis met pitbull) wat verskriklik jeuk en krap, sy byt haar verwoed en het op haar stert, onder haar pote stukkende,bloeiende sere, sy het ook n baie slegte reuk, selfs as sy pas gewas is, hrt enige iemand sbr raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/6/14 12:49

      Mens kry pille by die vearts, maar dit is net korttermyn. Dit kom altyd weer terug. Jy sal moet eksperimenteer met haar voedsel en omgewing. Voorspoed.

      Delete
  23. Anonymous12/8/14 11:01

    goeie dag, ek soek raad asb. my hondjie het skielik 'n groot knop op haar bors gekry en vandag het dit begin sweer en daar is nou nog meer knoppe, is daar enige iets wat ek kan doen. die dierekleniek is teveel vir my nou ,onmoontlik om te kan betaal.

    ReplyDelete