'n QVRP blog

Loading

2.6.09

Konyne

Hulp met konyne.

Help
My dogter het 'n haas present gekry. Hy bly in 'n hok in die scullery. Hy grom & byt as jy kos & water gee of die hok skoon maak (darem nie te erg nie). Hy eet droeë pille, wortels & appel. Weet nie hoe oud hy is nie (6mnde?). Ons laat hom so bietjie uit die hok elke dag. Op watter ouderdom kan hy gesterliseer word? Of moet ons hom liewer by 'n wyfie kry om sy ding te doen, sal hy rustiger raak?
- Rene Portwig

Roeland skryf :
Ek vermoed die 'haas' is net bang of beskerm net sy omgewing. Dit is min dat hulle werklik nie van iemand hou nie. Laat hom vanself uit sy hok kom voor julle hom kosgee of sy hok skoonmaak. Probeer om hom liggies te streel buite sy hok. Streel vir eers net sy lyf en pasop vir die tande. Later kan jy hom in sy hok streel. Maak ook seker hy sien jou en wat jy wil doen. Hulle is beslis rustiger as jy hulle laat regmaak. Hulle word vanaf ses maande reggemaak.

Help
Kan julle my sê waar 'n mens 'n soort van education kan kry oor konyne, ons wil begin teel met hulle, eetgewoontes siekte en habitat ens.
- Gertjie Engelbrecht

Probeer Rabbit.org/

6 comments:

  1. Anonymous11/5/11 11:49

    Goeidag,

    Ons wil graag weet of hase en konyne - ten spyte van die feit dat hul kleintjies heeltemal anders gebore word, konyn se kleintjies met oop oe en 'n haas met toe oe ens. verder dieselfde eienskappe het, dus wat aanbetref hul oe, skelet, skedel, weet die konyn het 'n groter skedel as die haas, maar dan ook soos die pote, ens. Ons is besig om 'n ekspo te doen oor hase, het verskeie inligting gekry daaroor en ook oor die verskille tussen konyne en hase, maar wil graag weet of die fynere detail aangaande die twee diere dan dieselfde is. Ons het bv. die oog van die haas bespreek - hoe dit werk, senuweepunte ens, ens, maar werk die konyn se oog dan bv. dieselfde?

    Dylan Kotze

    ReplyDelete
  2. Anonymous8/2/14 19:52

    Is konyne tweeslagtig?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/2/14 12:46

      Nee, maar dit kan gebeur dat jy 'n konyn kry wat 'n hermafrodiet is; net soos by mense.

      Delete
  3. Ekhet ‘n mak konyn wat haaskos, kool en wortels eet en in die agterplaas bly. Sy beweeg vrylik rond en word opgetel en vertroettel. Nou kry sy ‘n groeisel, iets soos ‘n vrat op haar neus. Wat kan dit wees? Wat sal die oorsaak wees? Enige inligting sal waardeer word.

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/5/14 12:18

    Dit is nie vreemd vir konyne nie. Die beste raad is natuurlik dat 'n vearts daarna kyk. Indien jy dit nie kan bekostig nie moet jy oplet of dit enige ongemak vir hom veroorsaak, of dalk groter word. Neem hom vearts toe as jy kan.

    ReplyDelete
  5. Ek het 13 konye wat saam aangehou word in 'n hok,mannetjies en wyfies .Ek sien dat hulle daar is stukkende kolle op hulle lywe en daar is kalerige kolle op hulle .Wat kan ek gebruik om die plekke gesond te kry ?

    ReplyDelete