'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

19.2.09

Mites oor die African Grey I

DEEL I - Jako (African Grey) is lomp

In hierdie reeks van vier artikels gaan ek verskillende mites oor die jako behandel en hoop dat daar iewers 'n manier is waarop hulle afgebreek kan word en die African Grey tot sy reg kan kom.

Daar bestaan soveel mites rondom hierdie intelligente en sensitiewe papegaaispesie. Van die mees bekendste mites is: - "Greys het meer kalsium nodig as ander papegaaie, - Greys is lomp, - Greys is vereplukkers, - Greys is een mens voëls, en Greys is skaam." Daar is niks verder verwyder van die waarheid as hierdie stellings nie.

Lompheid

Om te vlieg
In die natuur is hulle grasieuse voëls. Dis ʼn ingebore karaktertrek eie aan ons African Grey en dit raak nie agterwee met die huishoudelikgeteelde papegaaie nie. Sou jy wel een sien wat na jou mening "lomp" is, glo ek, is dit as gevolg van sy mens-ouers dat hy so ontwikkel het. Om ʼn jong babapapegaai se vlerkvere te knip voordat hy leer vlieg het veroorsaak dat die tipe van mite bestaan en hulle "lomp" genoem word. ʼn Papegaai se grasieuse potensiaal word aangetas deurdat hy nie ʼn geleentheid gebied word om as jong voël te leer vlieg nie.

Dat hulle leer vlieg met tot hul volle ʼn uitstekende vermoë en presiesheid in die speenprogram is 'n belangrike periode in ʼn papegaai se lewe. ʼn Babapapegaai wat toegelaat is om sy vliegvermoëns te ontwikkel trek voordeel daaruit vir die res van sy lewe. Terwyl hulle leer vlieg, leer hulle terselfdetyd koördinasie en beheer. Die ongemaklike, lomp Grey-mite, is ʼn papegaai wie se geboortereg van hom ontneem is om te kan en mag vlieg.

Selfvertroue, elegansie en koördinasie is die gevolg wanneer ʼn Grey toegelaat word om sy vliegvermoë tot die uiterste te ontwikkel soos ons Skepper, Jesus, dit beplan het. Vrees, onsekerheid en lompheid beïnvloed ʼn jong papegaai negatief en kan 'n volwasse papegaai ontneem van die instink om met die mens in vrede en harmonie te leef. Selfversekerdheid en ʼn geloof in sy vermoë strek tot voordeel van ʼn voël en mens.

Vlerkvere verkeerdelik knip
ʼn Tweede rede vir hierdie mite is omdat hulle vlerkvere verkeerd geknip word. ʼn Onsimpatieke en verkeerde knip, al het die papegaai reeds geleer vlieg, kan gevolglik ʼn verlies aan selfvertroue te weeg bring. Die onvermoë om die liggaam te beheer kan vrees en ʼn gevoel van geen selfvertrou in hulle wakkermaak. Wanneer daar teveel vere afgeknip word, sal die vermoë verlore raak om homself te lig en sal soos 'n klip grond toe val, wat beteken dat hulle kan beseer word. Die lang, sterk vliegvere voorsien die vermoë om op te styg en krag wat beheer moet word deur die regte knipproses. Die doel hierin is om seker te maak hy sal binnenshuis nie beseer word nie en tweedens dat hulle nie kan wegvlieg nie. Die korter sekondêre vere op die vlerke bied beheer en moet nooit geknip word nie. Hierin bestaan ʼn fyn lyn en die korrekte vlerk knip is die sleutel tot sukses hierin.

Verkeerde vlerkvere wat geknip word kan lomp landing veroorsaak, die onvermoë om hoeke te draai en die algehele verlies aan balans sowel as beheer, terwyl hulle na benede probeer sweef.

Toonnaels verkeerd geknip
Toonnaels wat ook nie korrek geknip word nie dra daartoe by dat hulle lomp is, want dit veroorsaak ook lompheid. As jy na die grote van 'n Grey se pote kyk lyk dit te klein vir die grote van die liggaam en hul gewig. Vergelykend is hulle poot kleiner as ander papegaaie, met meer slanke bene en toontjies. Wanneer hy toonnaels te kort geknip word is die vir hulle moeilik om aan goed te hang, te sit en balanseer, en gly hulle vinnig af van iets. Daarom moet hulle toonnaels ʼn bietjie langer wees as ander spesies s'n.

Om te bepaal of die toonnaels te lank is, plaas hom op ʼn plat oppervlak. Die toonnael se punt behoort plat op die oppervlak te rus sonder om die toon van die oppervlak af te lig.

Hou by hierdie belangrike riglyne en jy besit ʼn papegaai met grasie, selfvertroue en selfversekerheid.

skrywer: Francien Mare

No comments:

Post a Comment