'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

5.2.09

Jako / African Grey / African Gray

Ek het beloof om weer deur almal se vrae te werk en verdere inligting te verskaf waar moontlik. Daar is baie wat vrae het rondom die jako / African Gray / African Grey en vandag wil ek my ondervinding met julle deel. Dat daar kenners is weet ons en verstaan asseblief dat ek nie voorgee om een te wees nie, maar elkeen leer en op sy gebied en so raak ons meer kundig.

Om mee te begin wil ek die wat vir die eerste keer met 'n African Grey begin goeie advies gee. Om die tipe voël te koop met die intelligensie wat hulle besit is dit beter om reeds ondervinding met voëls te hê alvorens jy een aanskaf. Weet ten minste hoe om vir voëls te sorg. Ek sal voorstel dat jy eers redelike kennis opdoen voordat jy die verantwoordelikheid neem om na hulle om te sien vir tot 50 jaar en meer. As 'n eerste voël sal ek nie een aanbeveel nie, glo my, dit is 'n groot verantwoordelikheid om een te besit. Dit gaan glad nie net 'n kwessie wees van hom groot kry en leer praat nie. As hulle nie deurgaans gestimuleer word nie en hulle verveeld raak is daar probleme wat op jou wag. Hulle kan ontaard in skreeuende voëls of hulle kan vere pluk.

Dat hulle baie senuweeagtige voëls is, is gewis. Net 'n stuk papier wat oor die vloer fladder veroorsaak 'n gevoel van vrees en wantroue by hulle. Hulle het voortdurende versekering van jou liefde en sekuriteit nodig. Dieselfde versorging, begrip, aandag en opoffering wat daar aan 'n kind gegee word is ook noodsaaklik vir jou African Grey. As jy glo jy sien kans vir die wonderlike voël, moet jy bereid wees om by hierdie genoemde vereistes te hou. Jy kan dalk 'n handelaar kry wat jou kan ontmoedig om een aan te skaf en dit sal wees om seker te maak jy kan volhard vir 'n hele klomp jare saam met jou voël-kind.

As jy besluit het om een aan te skaf, sal jy nooit met 'n ander tipe papegaai tevrede wees nie en altyd terugkeer om een aan te skaf. My advies is as jy regtig besluit op een - koop jou African Grey van iemand wat bereid is om tot hulp te wees, hoe om hom reg te versorg en leiding te gee. Gesels met ander wat een het en aanvaar dat hulle meer kennis reeds opgedoen het en luister daarna.

As jy nie kennis van papegaaie het nie, kry eers 'n kokketiel of 'n budgie net om vertroud te raak met hulle. Daar word telkens neergesien op daardie twee voëltjies, maar weet jy dat 'n budjie regtig goed kan praat? Myne het bykans 20 woorde gesels en nog 'n liedjie halfpad deur gefluit. So, die wat beweer dat hulle nie praat nie wil ek verkeerd bewys. Julle weet dat die kokketiel net sulke goeie praters is. Daarom dat ek voorstel dat jy eerstens met hulle moet begin.

My rede is dat die groter voëls 'n groot aanpassing is en veel vrae en stryd ontstaan as gevolg van nie genoegsame kennis nie. Hulle het baie sorg rondom voedsel nodig, aandag sonder maat is 'n vereiste, baie geduld en volharding is baie noodsaaklik om hulle vertroue te wen en te behou. Kennis rondom hulle grootword proses is ook baie noodsaaklik. Moet nooit aanvaar dat 'n klein voëltjie net groot word nie. Soos 'n mens wat verskillende fases deurgaan, so gaan hulle ook hulle onderskeie fases deur.

Ons moet sorg dat ons hulle leefwyse ken en dan sal ons hulle vreemde optrede beter verstaan. Omdat daar 'n gebrek aan kennis aanwesig is verloor ons belangstelling en later wil net nie meer hulle praat nie. Dat hulle ons moet vermaak met die vermoë om te praat is seker die grootste motivering om een aan te skaf. Maar daar is geen waarborg dat hy sal praat nie. Sommige voëls praat nooit terwyl hulle uitstekende fluiters kan wees. Enige wysie of geluid sal hulle perfek naboots. Maar ongelukkig is dit waar dit eindig. As joune praat beskou dit as 'n geskenk van die Here en pas hom goed op.

Soos genoem word hulle groter en ouer en daarmee saam verander hulle ook. Die klein sagte voëltjie raak skielik opvlieënd en wil net byt. Skielik ontwikkel hy vreemde maniere wat jy nie ken of dan verstaan nie. Probeer onthou dat hulle volwassenheid moet bereik en daar veranderinge moet plaasvind. Hulle is self besig om 'n nuwe fase te betree. Op die ouderdom van tussen 2½ - 3 jaar bereik hulle volwassenheid en daarmee saam veranderinge, omdat hulle nou neig na paartyd.

Vanaf die eerste dag wat jy jou African Grey koop moet jy dadelik begin werk aan 'n verhouding met hom. Streng gesproke is dit onredelik om te verwag dat hy jou uit die staanspoor moet aanvaar as sy nuwe ouer nou dat hy jou vir die eerste maal gesien het. Al was jy vol afwagting om hom te kry. Bou aan die verhouding met baie geduld. Dit is uiters noodsaak dat julle mekaar vind en daagliks aan hierdie nuwe verhouding werk. Die enigste manier is om baie oplettend te wees met en rondom sy gedrag teenoor sy omgewing en die gesin. Hou in gedagte dat hy homself in 'n vreemde omgewing bevind en vertroud moet raak daarmee.

Die African Grey is seker die sensitiefste van die papegaaie, en die Cockatoo (kaketoe) ook. Juis omdat hulle sulke sensitiewe voëls is kan die geringste verandering in hulle onmiddelike omgewing en daaglikse roetine die oorsaak daarvan wees dat hulle gedragsprobleme ontwikkel, soos bv. hulle vere uitpluk. Wanneer hulle dit begin doen let op na veranderings in die meubels in sy vertrek of nuwes dalk bygevoeg. Hulle raak so gewoond aan waarmee hulle begin het dat verandering vir hulle ontwrigtend is. Om te probeer vasstel of dit dalk die oorsaak is, skuif alles weer soos dit was as daar onlangs verander is in sy omgewing. Dit kan 'n direkte oorsaak van vere pluk wees.

Van alle tipe papegaaie is die Greys die beste praters. Die wat goed bekend is met hulle sal bevestig dat hulle in staat is om sommige woorde of frases sommer na 'n paar keer se herhaling ook te herhaal soos jy. Vanaf die ouderdom van een jaar kom hulle tot hulle volle potensiaal om goed te praat, maar kan op 'n nog vroeër ouderdom reeds begin. Eers klink dit na 'n gemompel, maar luister en jy sal wel hoor wat hy sê. Dit is bewys dat hulle selfs die vermoë besit om te weet wat hulle sê.

Hulle is baie intelligent en maak dat hulle baie gewild is. Sorg dat jy tyd maak om hulle met verskillende voorwerpe van verskillende kleure en fatsoene te leer en jy sal hulle met tyd kan vra om 'n vorm en kleur uit te wys. Die slim mense sê hulle besit die verstand van 'n 4 jaar oue kind. Daarom is dit noodsaaklik om hulle altyd te stimuleer met speelgoed. Hulle moet nie verveeld raak nie, want so kan gedragsprobleme ontstaan. Gee hom iets wat hy geniet.

Die Grey is nie so luidrugtig soos baie ander papegaaie nie. Hulle is nie geneig om te skree nie - maar fluit, maak geluide na en is gewoonlik nie afstootlik vir die oor nie. 'n Bang Grey sal 'n knor geluid maak, wanneer hy met vreemdes te doen kry of bedreig voel. Hulle is lief daarvoor om te speel en jy sal opmerk dat daar geluide uitkom wat jy elke dag hoor, maar nie jou nie aan steur nie. Ja, daar bestaan tye wat hulle aanhou gesels en dit is ten minste nie 'n geskreeu nie. Hulle kry hulle tye dat hulle stil is.

Myne het geleer om te blaf en jy kan dink hoe dit sommige dae gaan. Tussen haar en my hondjie bestaan daar soms kompetisie om te sien wie die beste blaffer is.

As die Grey van vroeg af op die regte dieët geplaas word sal jy agterkom dat hulle nie regtig vol fiemies is nie. Gee vir hulle waarvan hulle hou, maar wat gesond is vir hulle. Die Grey is lief vir eet en kou graag aan alles. Wanneer hulle buite die hok rond beweeg moet jy hulle dophou aangesien hulle aan alles knibbel. Van koorde tot jou meubels en gordyne. Ter wille van sy veiligheid is dit beter om hom nooit alleen te laat waar hy jou skade kan berokken en homself ook seermaak nie.

Die wilde African Grey is daarop ingestel om nie te meng met ander voëlspesies nie. Hulle bly by mekaar en dryf indringers weg. Die eienskap kan hulle daartoe dring om net met jou 24 uur te wil wees. Dit sal ook nie hulle goedkeuring wegdra om ander voëls in die nabyheid te hê nie. Veral nie naby die persoon met wie hy 'n band gesmee het nie. Wanneer hy met jou ge-bond het sal hy die res van sy lewe net met jou wil deurbring. Wanneer dit plaasgevind het sal hy altyd na jou roep. Wanneer jy buite sig is sal hy harder roep totdat hy reaksie kry van sy "maat". Om dit vir hom meer verstaanbaar te maak is dit beter om sy hok / speelpark te plaas waar hy jou altyd in die oog het. Sodoende word sy natuurlike instinkte tevrede gestel en hy is gelukkig.

Probeer om hom in die vertrek te plaas waar daar baie rond beweeg word, waar hy almal kan dophou en leer ken. Moenie sy hok naby 'n venster plaas nie aangesien dit of te warm of te koud kan word vir hom. Plaas hom teen 'n muur waar daar geen trek is nie. Moenie 'n aparte vertrek vir hom gee nie, maar laat hom deel wees van jou daaglikse roetine. Leer hom nuwe ondervindings, maar stelselmatig en op sy tyd.

Hulle is ook nie die tipe papegaai wat daarvan hou om fisies hanteer te word nie. Om nou en dan 'n kop krap te vra, dalk 'n effense drukkie nou en dan is vir hulle voldoende. Meer as dit vra hulle nie. Mense noem dat hulle geneig is om te byt. Dis maar hulle manier om jou te wys dat hulle genoeg gehad het en jy nou maar kan ophou met fisiese kontak. Leer om hulle lyftaal te verstaan wat baie minder knypies sal meebring. Later vertel ek meer oor hulle lyftaal en wat elkeen beteken. Wanneer jy gebyt word gee jy pad en hy kry waarna hy oorspronklik gesoek het. Wanner hy dus agterkom dat jy nie ag slaan daarop wanneer hy jou hand wegstoot nie sal hy byt. Hy weet nou dat dit gaan werk - 'n byt.

Baie papegaai soorte aanvaar die hele gesin, maar ongelukkig is dit nie die geval met Grey nie. Hulle is een-mens-voëls. Dit bes aangepaste voël is die een wat oral saam met jou gaan waar hy geraas, verandering en mense ervaar en leer verstaan.

Daar moet altyd 'n definitiewe poging aangewend word om na hulle liggaampies om te sien. 'n Gereelde besoek aan 'n veearts is belangrik. Sy toonnaels en vlerke moet kort gehou word en natuurlik moet hy met water in kontak kom. Hierdie staan saam met 'n goeie tuiste en 'n gesonde eetpatroon en oefening. Hulle moet van vroeg af in hulle lewe geleer word om te bad. Water is noodsaaklik om hul liggame gesond te hou. Sommiges vlug behoorlik weg wanneer jy met die spuitkannetjie nader beweeg, maar met geduld behoort jy hom te leer hoe hy moet bad. Baie van hulle reageer op lopende water en plaas 'n houer met lou water in sy hok sodat hy homself kan geniet. Alles kos net geduld en volharding.

Ek glo aan die natuurlike wyse van bad en dis wanner dit reën. Onthou egter net dat die weer 'n belangrike rol speel in die bad tyd. Wanneer dit nie koud is nie kan hy buite geplaas word. Anders kan hy met 'n fyn sproeier nat gespuit word totdat hy tot op die vel nat is. Om net die bolaag vere nat te maak is nie voldoende nie. In die somer is dit goed as hy een maal 'n week bad, en natuurlik minder in die winter. Hou hom waar die son warm bak sodat hy homself kan droog maak en sy vere reg kan ruk. Gebruik oggende en middae vir sy badtyd, want dit is belangrik dat hy nie koud moet kry en slaap met 'n nat lyfie nie. Gebruik altyd net louwarm water as hy in die huis bad.

Om mee af te sluit wil ek 'n belangrike verskynsel onder julle aandag bring. Soos hulle hul kleintjies voer deur kos op te bring sal jy dalk met tyd vind dat hulle dit met jou ook wil doen. Dalk as jou hand naby is sal hulle poog om jou hand te voer. Dit moet jy aanvaar as die grootste kompliment wat jou African Grey jou kan gee. Dit is hulle manier om hulle liefde aan jou te bewys. Niks meer en niks minder nie.

Maak nie groot ophef hiervan met hom nie. Staan terug, sê dankie en daarna net 'n streng nee laat jy hom verstaan dis genoeg.

Geniet julle Grey, want aan die einde van die dag is hulle 'n fees. Vra maar iemand wat een het. As daar nog inligting verlang word kan ek gekontak word by die volgende e-posadres : kalaharikat@webmail.co.za .

Hoop om van julle te hoor.

skrywer: Francien Mare

Help
My African Grey, Popeye, is pragtig en 2 maande oud. Hy eet sy mis. Ek wil net graag weet hoekom hy dit doen. Hy kry gereeld kos.
- Werna Edwards

Francien Mare: "Hello Werna.
Die afleiding wat ek maak rondom jou papegaai se hok is dat dit nie 'n los bodem het wat 'n skerm vorm tussen hom, afvalkos en sy mis nie. Dis 'n baie ongesonde toestand, kan siektes veroorsaak en ook 'n lelike gewoonte vorm om sy eie mis te eet. Ek wil voorstel dat jy, indien jy so 'n tipe hok het, so gou moontlik die regte tipe hok kry wat 'n los skyding tussen hom en die bodem het. Hy moet glad nie by afval kos besmet met mis kom nie asseblief. Die redes hiervoor kan wees dat hy niks anders het om hom mee besig te hou of dalk 'n tekort aan iets in sy liggaam het. Sorg dat hy baie kos het, 'n verskeidenheid, en gee liewer 'n bietjie op 'n slag en vervang na 'n tyd om te verhoed dat sy kos oud raak in die hok. Hy is nog baie klein en het leiding en regte sorg nodig."

Help
My African Grey is nou 11 weke, sy/hy begin eet aan vrugte en gekookte bone, ek voer haar nog, maar die laaste paar dae is haar stoelgang baie loperig en het 'n snaakse reuk, die kleur bekommer my nie, maar dis baie loperig. Het ek rede tot kommer, kan dit dalk die piesang wees wat sy kry? Baie dankie vir die inligting oor African Grey's, hulle is baie besonderse soort voëls.
- Anita Veldman

Francien Mare skryf: "Anita, ek raak opgewonde wanneer ek besef dat mense bekommerd raak oor hulle papegaaikinders soos oor mensekinders. Wanneer daar opgelet word na hulle stoelgange moet daar ingedagte gehou word dat dit wat hulle eet 'n direkte invloed daarop het. Sou hulle baie vogtige kossoorte inneem sal die stoelgang dus loperig wees. As hulle vrugtesap drink sal dit ook loperig wees. Vrugte soos lemoene of naartjies sal loperige stoelgang ook veroorsaak. Die reuke is natuurlik, maar wanneer dit baie skerp ruik moet jy liewer met 'n veearts die saak opneem. Onthou dat hulle hokke daagliks skoongemaak moet word om reuk te bekamp en sorg te verseker."

Help
"Ek wil graag 3 broeipare by iemand oorkoop. Ek het 1 groot hok waar ek hulle kan insit. Kan ek hulle saam in die hok sit of moet die broeipare van mekaar geskei word."
- Louise Buys

Francien Mare: "Hi Louise. Wel, dat jy reeds 'n groot hok besit tel vir jou punte, omdat jy verdere koste bespaar en daar net 'n paar belangrike aanpassings nodig sal wees. Lees my jongste bydrae sodat jy, en ander wat hieroor navraag wil doen, hulp en leiding kan kry hierin. Laat weet hoe jy gevorder het met jou pogings."

Help
Ek het 'n baba African Grey gekry, die is nou so 8 weke oud. Baie slim (alreeds) en 'n wil van sy/haar eie. Ek voer haar nog met 'n lepel en papformules elke vier na 6 uur wat ek by die dierewinkel gekoop het, maar nou is my probleem dat sy/hy swak eet,die eeste twee is goed dan is dit asof sy dit weier. Die eerste 2 weke wat ek haar het het dit goed gegaan, is sy noual gereed vir 'n growwer formule, sy knibbel ookal aan 'n stukkie appel laat net die skilletjie oorbly. Help asseblief.
- Anita Veldman
Francien Mare skryf: "Dis vir my wonderlik om te sien hoeveel mense werklik besorgd is oor die welstand en versorging van hulle papegaaie. Dit maak treffer "papegaai-ouers" en die kind in die huis behoort goed aan te gaan. Daar is van tyd tot tyd 'n bietjie hulp en leiding nodig en ek is bly ek kan hierin 'n hand gee.
Ja, dis duidelik dat jou African Grey daaraan dink om te wil speen. Hy is gewillig om 'n paar happies te neem, wat reg is, en dan nie regtig bereid is om verder pap te eet nie. Hierdie is tekens dat hy nie meer lus het vir pap nie, maar nou na vaste kossies soek. Sorg dat daar nou ook ander kos soos klein stukkies wortels en vrugte in sy hok geplaas word. Hou net appelpitte weg van hom af en gee kleinerige stukkies, maar gee 'n verskeidenheid. Jy moet appel skil aangesien hulle dit glad nie eet nie. So, hoe ouer hy word hoe minder hy pap sal eet en daar geen probleem is nie. Jou baba is besig om groot te word. As hy glad nie meer saamwerk nie, raak rustig en sorg dat daar daagliks skoon water en verskeidenheid kossoorte vir hom is.
Kyk gerus onder diere afdeling, papegaaie vir meer inligting rakend hierdie tipe vrae. Geniet hom en laat weet of jy nog hulp nodig het.

Help
My African Grey het myte. Kan iemand raad gee hoe ek daarvan ontslae kan raak asb? Kan hy doodgaan daarvan?
- Laurika Swart

Francien Mare skryf: "Hi Laurika. Dit is baie nadelig vir enige voël om met myte besmet te wees en ja dit kan in ernstige gevalle gevaarlik wees. Daar is poeier wat beskikbaar is vir die tipe probleem en kan by troeteldierwinkels gekoop word, of jou veearts kan ook in hierdie behoefte voorsien. Ek sou aanraai dat jy jou veearts nader vir hulp net om seker te maak dat jy wel van die korrekte middel gebruik maak. Onthou dat hulle heeldag hulself mooimaak en van hierdie poeier in kry, wat hulle dood mag veroorsaak indien dit nie die regte soort is nie."

Help
Ek probeer alles wat beskikbaar is om my African Grey weer te vind. Sy het Saterdag die 23ste Augustus uit haar hok gekom en gevlieg, ons het haar nog nie gevind nie. Wat is hul manier as so iets gebeur, waar soek mens? Ons bly nog boonop op 'n plot. Sy kan nie so goed vlieg soos ander voels nie, ek laat knip haar vlerkies gereeld en was van plan dit die komende vrydag weer te laat doen. Hoe gaan sy oorleef, dit is noual amper 3 dae. Sal sy weet hoe om kos en water te kry, hoe sal sy dink om te doen? My hart is stukkend. Hoe moet ek maak om haar te soek. Het u of enigeiemand vir my raad asb. My telefoon nr is 0833885224. Dalk lees iemand hier wat haar gevind het. Ek het orals plakkate in afrikaans en sotho en ek sal 'n R1000 betaal vir die een wat haar kry en vir my bring.
- Anita Veldman

Francien Mare skryf: "Hi daar Anita. Ongelukkig kan ek jou nie voorsien met baie positiewe raad nie, aangesien 'n papegaai wat mak gemaak is nie regtig instaat is om vir homself te sorg nie. Dis net waar hulle in die natuur grootword en daar leef, dat hulle weet hoe om vir hulle self te sorg. Buite sy tuiste is hy verlore. Sy omgewing waarin hy groot geword het is al wat aan hom bekend is en nie dit daarbuite nie. Wanneer hy sy vryheid ontvang is dit wat dit vir hom beteken...weg van sy geliefdes en vry. Die feit dat jy buite 'n dorp woon maak die moontlikheid nog groter dat hy nie sommer gevind sal word nie. Hulle is so kwesbaar daar alleen en oorlewing vir drie dae, sonder die nodige kos en water, is buite die kwessie. Al wat hom kan terug besorg aan jou is wanneer iemand hom dieselfde dag vang en van jou verlies weet. Sterkte in hierdie hartseer, ek hoop regtig dat jy hom teruggevind het."

Help
Help asb - my african grey(1 jaar en 6 maande) gaan nog sy voete opeet. Het hom by veearts gehad, maar niemand kan help of sê hoekom hy dit doen nie. Hy kry saans baaaaaie aandag, maar sit bedags in sy hok omdat ons albei werk. Hy eet alles wat hy moet eet sade, groente, vrugte..Veearts het'n ding om sy kop gesit om hom te keer om dit te doen, maar niks help nie. Help asb, hy gaan sy voete nog opvreet!
- Francis Olivier

Francien Mare: "Haai daar Francis. My eerste vraag is of daar genoeg nuwe en gereeld speelgoed in sy hok aangebring is? Is daar genoeg waarmee hy homself kan besig hou in plaas daarvan dat hy meer aandag aan sy voete gee? Onthou altyd dat hulle soveel as moontlik moet hê om gestimuleer te wees en te bly, sodat verkeerde gewoontes aangeleer word nie. Ek sal 'n poging aanwend om met die wat met hulle teel kontak te maak en net by hulle ook meer raad en inligting te bekom, as ek jy is."

Help
My African Grey kry van tyd tot tyd ooginfeksie. Wat kan ek doen?
- Isa Wessels

Francien Mare: "Daar is verskeie redes waarom hulle oog probleme ontwikkel en is beter dat jy hom so gou moontlik by 'n veearts kry, want dit kan, indien die ontsteking te lank aanhou en gereeld gebeur, blindheid veroorsaak. Laat weet hoe dit gaan met tyd asseblief."

Help
Ek het 'n African grey baie oulik en ek geniet hom baie al probleem wat ek sien is alle ander voels het 'n mooi vol rooi stert agter myne sin is baie yl en kort ,is daar vout of is dit omdat hy nog jonk is hy is nou so 7 maande oud. Hy begin ook nou met paar woordjies, ek moet seker ook nie te haastig wees nie want almal is seker verskillend met vinnig praat. Dan wil ek weet kan ek hom verskillende sappe gee om te drink wanr hy hou baie daarvan.
- Anita Visser

Francien Mare skryf: "Hi Anita, ek sou glad nie bekommerd wees oor sy stert nie aangesien hy nog so jonk is. Hulle is maar geneig om die stert altyd teen iets vas te druk wat dan die vere beskadig. Dit gebeur selfs wanneer hulle hanteer word. Maar ʼn groot oorsaak hiervan is gewoonlik wanneer hulle nie genoegsame ruimte het om te beweeg nie, die stertvere letterlik gedwing word om te buig en dan op die einde van die dag beskadig. Let op dat hy nie dalk verveer nie, want dan sal hy min stertvere hê totdat nuwes weer uitgroei het. As daar met tyd nie ʼn verandering intree nie, neem hom veearts toe om hulp te kry. Sterkte daai kant."

Help
Ek het 'n african grey wat dierbaar is. Haar naam is Pollie. Sy is omtrent nou 2 jaar. Daar is net een probleem. Haar vere is nie baie mooi nie. Sy lyk soos 'n verkeerde veer hoender. Sy pluk nie haar vere uit nie, maar knibbel gereeld daaraan. Sy hou glad nie van water nie, as ek dit naby bring begin sy rondhardloop in haar hok. Wat staan my te doen?
- Adele

Francien Mare: "Adele ek is bly dat daar iemand is wat ook hierdie probleem ondervind waarvan jy praat. Dis nou die voorkoms van die vere. Soos wat hulle hul vere uitpluk is hierdie gedrag bevind om dieselfde te wees as uitpluk. Ek sit op die oomblik met dieselfde probleem met my African Grey. Die vere se punte op sy skouertjies en af teen sy rug word afgekou en die voorkoms lyk asof dit verkeerd om wil draai. Hulle byt heeldag net aan die punte. Die veearts het vir my ses kapsules gegee wat hy in sy drinkwater moet kry. Jy gooi 50ml water in sy drinkbak. Neem een kapsule en gooi dit uit in 6ml. water waarvan jy elke 24 uur 1ml. van daardie medikasie-water in sy drinkwater gooi. Dit werk regtig vir my Louis. Sy vere lyk weer gesond en hy kou nie meer so aanhoudend nie. Die naam van die medikasie is - Serenace Kapsules - en kry die gerus by jou veearts.
Ek het nog nooit gehoor van 'n African Grey wat nie eers met baie volhardende geduld geleer het wat dit is om 'n bad te geniet nie. Hulle haat water en moet met baie geduld geleer word, en met speelgoed in 'n bak water in sy hok of buite die hok, dat water lekker is om in te speel. Ek het 'n kleiner hok, kokketiel grote, gekry wat ek vir sy bad tye gebruik. My Louis plaas ek buite op 'n warm dag, maak die sproeier oop sodat hy die water oor hom kry en so los ek hom totdat hy goed nat is. Ja, hy haat dit, maar agterna gaan sit hy onder in die bad-hok se bak en geniet hy dan die water wat daarin lê. Hou maar net aan terwyl jy vertroostend met hom gesels en hom steeds verseker dat jy hom liefhet. Plaas 'n bak met speelblokkies, of stukkies van sy geliefde vrugte, in 'n bak water en speel met hom. Op die manier kan jy kort-kort 'n bietjie water oor hom drup met jou hand en maak groot drama daaroor. Klink opgewonde. Jy moet maar net aanhou en aanhou, dis al. Hopelik sal hulle eendag besef ons wil hulle net help. Laat my asseblief weet wat met sy vere gebeur na die behandeling."

Help
Kan julle asb die simptome van bek en veer siekte gee. Ek het 'n african grey wat nou 'n jaar is. Hy kry al sy aandag en volg die regte dieet. Sy vere op sy maag is nou net donsies. Dit lyk soos 'n bol watte. Het hom ook behandel vir die plik van vere. Bogenomde kom nou al van November verlede jaar. Help asb.
- Christine

Francien Mare: "Ongelukkig het ek nie ʼn antwoord op jou probleem vraag nie, maar ek het nou die dag inligting op die web, roekeloos, iemand gehad wat vertel het van haar papegaai wat bek en veer siekte opgedoen het. Hulle het vermoed dat dit speelgoed wat aangekoop was vir hom wat die oorsaak was hiervan. My voorstel is dat jy hom onmiddelik veearts toe neem en vertel dat die ander dame, Melanie, se veearts COLLOIDAL SILVER aanbeveel wat in sy drinkwater bygevoeg was. Hy het herstel daarvan. Moenie tyd mors nie en tree vinnig op. Laat weet my asseblief sodat ons ander ook tot hulp kan wees."

Help
Ek het my African Grey drie dae gelede gekry. Hy is omtrent so bietjie meer as 3 maande oud. Hy slaap soms onder in sy hok op die staaldrade. Is dit normaal? Ek moet sê hy lyk baie gemaklik daar. Met my vorige voëls, soos finches, budgies, ens, is dit gewoonlik "bad news" as hulle op die vloer van die hok is. Baie dankie!
- Gail von Waltsleben

Francien Mare skryf: "Ek gaan ʼn artikel instuur wat handel oor babapapegaaie, maar dit volg later. Hou hierdie hoekie dop.
Jou op die vraag wil ek as volg antwoord. Ek sou baie graag wil weet of hy ʼn groot hok het waarin hy slaap en of dit dalk ʼn slaaphok is waarin jy hom snags plaas? Kom ons aanvaar maar dat hy in sy hok is. Eerstens moet jy onthou hy is nie net ʼn baba nie, maar hy is so vreemd met net vreemdelinge in sy lewe. Hy is weg van alles wat eens vir hom bekend was na ʼn nuwe omgewing geplaas met niks bekend nie. Die baba het meer versekering van liefde en nabyheid nodig die dat hy hom tuis maak op die bodem. Jy moet ʼn ou handdoek iewers in sy hok plaas sodat hy hom daarop kan tuismaak, net vir ʼn bietjie meer hitte en die gevoel van iets sag. Persoonlik hou ek nie daarvan as enige papegaai op die bodem van sy hok sit nie, want dit kan baie betekenisse hê, veral as hulle volwasse is, bo en behalwe siek voel. Probeer en kyk of jy hom nie op ʼn stok geplaas kan kry voor jy die ligte afskakel nie. Praat sag en strelend met hom, vertel hom hy moet nou slaap, maar op sy stok. Dit klink dalk belaglik om met hom die dinge te deel, maar onthou hulle is uiters intelligente voëls - en sal verstaan wat jy oordra, en gouer as was jy verwag. Wat ek met my Louis ondervind het, toe hy baba was, is dat hy onderdeur die kombers, wat oor sy hok gegooi word, deurloer om te sien waar ek is wat aangaan. Hulle is van natuur nuuskierige voëls. Wanneer jy gaan slaap, maak sy hok tot en sit sy lig vinnig af. Anders gaan hy weer afklim en as dit donker is onder bly. Hulle is heeltemal blind in die donker, die dat hy onder bly sit. So, help hom uit en plaas hom bo-op ʼn stok."

Help
Is daar enigsins 'n siekte wat ons as mens van 'n african grey af kan kry. Of is dit net 'n mite ? Ek het gehoor die wit stof wat van hulle af kom is gevaarlik en ek liefkoos my african baie.
- Sandra Opperman

Francien Mare: "Dagsê Sandra
Siektes is nie net teenwoordig by diere, voëls ingesluit, nie, maar selfs by die mens ook. Om hom te liefkoos is nie verkeerd nie en sal geensins siektes aan hom oordra of hy aan jou nie. 'n Mens moet net nie dat hy uit jou mond eet nie, daarvoor is hulle baie lief, want jy kan aan hom siektes oordra en hy aan jou. Wat die stof waarvan jy praat aanbetref, dit glad nie gevaarlik nie. Wat wel gebeur is dat sommige mense hooikoors ontwikkel, maar niks meer as dit nie. Die poeierlaag wat op hulle vere is, is belangrik, omdat dit hulle vere en liggaam in vele opsigte beskerm. As jy nie aan die nies gaan as gevolg daarvan nie is jy een van die gelukkige mense. Geniet jou African Grey ten volle."

Help
Baie dankie vir die inligting oor die African Grey, ek het gedink ek weet noual alles oor die besonderse dier, maar die inligting van julle was baie leersaam. Wat ek graag wil weet, hoe leer ek my African Grey om te bad, goed nat te word. Sy speel in die water maar ook maar net om dit op te spat met haar bek, en dan die volgende vraag, daar is genoeg goed in haar hok om die snawel in toom te hou, maar nog steeds voel ek die snawel is te lank, wat kan ek vir haar gee wat sy van sal hou om die snawel kort te hou?
- Anita Veldman

Francien Mare: "Wat haar badproses aanbetref sal dit goed wees as jy ʼn punt daarvan maak om saam te speel wanneer sy in ʼn badluim is. Spat die water saam en gooi kort-kort daarvan oor haar lyfie. Hulle haat water in die gesig en sal ophou bad as dit nat gegooi word deur iemand anders. Sou jy water oor haar gegooi kry hou aan totdat sy redelik nat is. Elke keer speel jy net saam totdat sy daaraan gewoond geraak het en meer saam speel.
Soos jy het ek ook gedink my papegaai se snawel is te lank en veearts toe met hom gegaan. Tot my grootste verbasing het hy my ingelig dat hulle nogal baie jare kan gaan voordat hulle snawels te lank word. My Louis word nou April 3 jaar en wanneer ek na sy snawel kyk, lyk dit vir my ʼn bietjie lank, maar die mense weet waarvan hulle praat en daarom kan ons hulle eerlikwaar vertrou. My raad aan jou is neem hom na ʼn veearts wat spesifiek met voëls werk en kry sekerheid by hom.
Wat speelgoed aanbetref om die snawel kort te hou, stel ek voor dat jy na ʼn troeteldierwinkel gaan en verneem of hulle dalk sulke goed aanhou. Iemand het growwe papier, wat spesiaal vir voëls gebruik word in hulle hokke, aanbeveel wat terselfde tyd hulle toonnaels kort hou, maar as jy ʼn papegaai ken sal jy weet dat dit nie sal werk nie. Hulle skeur dit uit mekaar uit in ʼn kwessie van minute. Waarom verneem jy nie dan ook somer by die veearts wat hy voorstel nie. Laat ons ook weet wat sy antwoord was, aangesien ek glo dat ander oor dieselfde probleem wonder."

Help
My African Grey baba is nou 11 weke oud. Kan iemand my dalk meer help met waarvan hulle hou en hoe ek hom vinnig kan leer? Hy is werklik baie slim maar ek wil graag soveel moontlik genot uit hom kry. Hoe kan ek bepaal of hy mannetjie of wyfie is? Baie dankie.
- Mara Nolte

Francien Mare skryf: "Jou African Grey is nog baie klein. Daar is net een baie belangrike punt wat ek onder jou aandag wil bring en is die volgende. ʼn African Grey is uiters intelligent en hoe meer jy gaan in sit in hom, hoe meer gaan jy uitkry. Wat probeer ek sê? Dat jy aan die einde van die dag die een gaan wees wat alles moontlik moet doen om hom te leer, sy vertroue te wen, hom stimuleer en help dat hy intellektueel ontwikkel wat van primêre belang is. As jy dit doen sal jy vrug pluk, anders moet jy weet gaan jy met ʼn probleemvoël sit. As jy vra dat jy moet weet waarvan hulle hou dan wonder ek wat jy bedoel.Kos gewys kan jy gerus gaan kyk na al die artikels reeds oor papegaaie en as daar nog inligting is waarna jy verlang, kom gerus terug en stel jou vrae. Ek tel voor dat jy hom na ʼn veearts neem, veel later in sy lewe, om vas te stel wat sy/haar geslag is. Hulle is nie soos ʼn ringel wat ʼn ring om ʼn mannetjie se nek ontwikkel en nie die wyfie nie."

Help
Sjoe, dit was nou toevallig dat ek hier uitgekom het. Ek het die artikel (Bytende Papegaai) behoorlik opgeëet. Ek het self 'n pragtige 7 maande oue African Grey. Sy naam is Koning. Ek geniet hom vreeslik. Hy hou nie van bad of sproei nie. Is daar 'n rede of benader ek hom verkeerd?
- Caren Brink

Francien Mare skryf: "Hallo Caren, en dadelik wil ek jou gerusstel dat jy niks verkeerd doen nie. Daar is African Greys en ander tipe papegaaie wat gaande is oor bad. Baie hou daarvan om sommer saam met jou te stort, of in die wasbak en speel. My Louis, haat bad, maar ongelukkig moet hy water op sy lyfie kry en sorg ek daarvoor. Ek gebruik ʼn kleiner hokkie en plaas hom buite onder die fyn tuinsproeier. Hy hou nie daarvan nie, en daar sal ek by hom sit totdat hy goed nat is en met hom gesels. Natuurlik as dit reën dink ek is dit die beste om hierdie sagte reëndruppels op hom te kry. Maar nie as die weer nie warm genoeg is om hom droog te kry buite nie. Mense het vir my genoem dat hy my gaan haat, maar wanneer hy so ʼn ou nat lyfie het vra ek hom vir ʼn soen en hy kan nie vinnig genoeg by my uitkom om te soen nie. Nee, hou maar aan, maar sorg dat hy tot op sy lyf nat word wanneer hy bad, dis belangrik."

Help
Ek het 'n African Grey en het nou nog 'n klein african grey geerf wat die eienaar nie meer wil hê nie - sy het nie tyd nie - Peanut is baie verwaarloos en verskrik - hy/sy probeer so ver as moontlik van jou wegkom as jy net mik in sy/haar rigting - hoe kan dit reggestel word? Oor my 18 maande maroenstert African Grey het ek op hoorsê verneem dat as daar 'n paar is (nie dieselfde hokke nie) gaan die een ophou praat - is dit so? - nog 'n vraag, waar kan ek Afrikaanse boeke kry oor alles en nog wat oor African Greys - ek bly in Pretoria.
- Rikus Booyens

Francien Mare skryf: "Hi Rikus, ek is bly dat daar iemand is wat hierdie ondervinding met ʼn aanneem papegaai het, want hierdie gaan jou grootste uitdaging wees met African Greys. Die heel eerste ding wat jy jou op moet toespits is om Peanut se vertroue te wen. Baie geduld is ten eerste nodig en baie bewys van liefde en omgee vir hom. Die rede dat hy probeer wegkom sodra jy nader beweeg is vir my ʼn bewys daarvan dat hierdie arme papegaai op een of ander wyse mishandel is. Soos reeds genoem is hulle ongelooflik sensitief en word vinnig banggemaak. Nou moet jy net baie geduldig en nie moedeloos word wanneer jy die volgende stappe moet volg om hom weer ʼn gelukkige papegaai te maak. Wanneer jy in sy rigting beweeg doen dit baie stelselmatig, stadig en moenie gesels nie. Gaan sit naby hom en noem net sy naam nou en dan. Herhaal dit vir so lank hy nie meer gaan wegvlug wanneer jy nader beweeg nie. Geen vinnige of onverwagte bewings wat hy as ʼn aanval sal beskou nie, asseblief. Na ʼn week kan jy jou stoel nader aan hom beweeg en steeds net sy naam noem. Hou jou stemtoon te alle tye rustig. Moet ook nie terwyl jy daar by hom sit al die tyd na hom kyk nie, want dit is ʼn direkte aanval gebaar. Kyk nou en dan op, maar hou jy net aan om naby te wees. Hy sal een of ander tyd agterkom jy is nie sy vyand nie. Wanneer hy nie meer teen die hok opklouter van vrees wanneer jy nader beweeg nie, weet jy begin wen. Bly steeds net naby en skuit na ʼn paar dae steeds nader. Jy moet onthou daar wag ʼn lang pad vir jou en veral vir Peanut na herstel toe. Wanneer hy op sy stok bly sit, met jou naby, moet jy jou een hand, met die gewrig wat afhang na onder en agterkant van die hand na hom wys. Maar stadig is die belangrikste beweging. ʼn Oop hand na bo is ʼn dreigende houding vir enige dier. Hier vanaf moet jy nou begin gesels en sover gaan om iets by hom te sit en eet. ʼn Appel byvoorbeeld. Hy gaan jou goed dophou en probeer ʼn stukkie aanbied. Werk dit nie die eerste keer nie, hou aan totdat jy sien hy oorweeg dit. Wees net lief vir hom en belangrikste is dat hy dit moet ervaar. Nou moet jy maar stelselmatig meer en meer betrokke raak met hom en gee aandag wanneer jy tuis is. Wat jou ander Arican Grey vraag aanbetref, wil ek my ondervinding deel. Wanneer jy meer as twee het is dit nie ʼn probleem wanneer dit by praat kom nie. Ek stel voor dat jy hulle nie in een hok plaas eendag nie, behalwe as jy met hulle wil teel nie. Hy leer by mekaar praat, juis omdat die een reeds praat en die ander een op ʼn begin stadium is. Dit is so wonderlik om na twee te luister wanneer hulle met mekaar mensetaal praat. Dit klink of daar ʼn gesprek gevoer word. So, dit het ek nog nie van gehoor dat die een ophou praat nie. Gaan jy net aan en raak nie moeg nie. Eendag kan jy jou ondervindings met ons hier deel. Sterkte."

Help
My Man het 'n African Grey vir hom gekoop (ons hond is meer by my as hom) Nou het ons African Grey my ook aanvaar maar die 4potekind en die geveerdekind raak vreslik jaloers op mekaar en wil die ander gedurig byt. As Tiny op my skoot sit roep jou my "Koppie krap kom" en die Tiny kry weer asma aanvalle as ek aan Joe aandag gee. Ek is klaar lief vir Joe 7 Mnde en wil hom graag hou. Maar hoe nou?
- Judi

Francien Mare skryf: "Judi, ek kan glad nie rede daarvoor vind dat jy van jou African Grey moet ontslae raak nie. Dis duidelik dat hulle op mekaar jaloers is. Jy moet aan Tiny wys dat jy hom/haar ook liefhet en hom leer om gewoond te raak aan Joe. Anders stel ek voor dat jy tye deel met jou diere en nie al twee gelyk hanteer nie. Wees egter versigtig dat jy hulle nie afskeep nie. Jou African Grey het baie aandag nodig en moet nooit afgeskeep voel of word nie. Hou hulle nie bymekaar by jou nie, maar altyd apart van mekaar. Sterkte met jou pogings."

Help
Ek wil weet iemand het vir my gesê ek moennie dat my 7 mnd oue African grey op my skouer sit nie want dan word hy my baas en ek nie syne. Maar tog weet ek van baie mense wat toelaat om hulle African Grey op hul skouer te sit?
- Judi Henning

Francien Mare skryf: "Judi, nog nooit het ek van so iets gehoor dat jou African Grey nie op jou skouer mag sit nie. Wat die "ek is jou baas en nie jy myne" aanbetref is waar, maar kom op 'n heel ander plek in. Die agtergrond van 'n African Grey leer ons dat hulle sterk persoonlikhede het en daarvan hou om te alle tye in beheer te wees, van sy mens-maat ook. Die belangrike punt wat hier tersprake kom is dat sy hok nooit, maar nooit, bokant jou kop en skouers mag torring nie. Jy moet te alle tye hoër wees as hy.
Sou hy bo-op sy hok sit en jy voor hom staan moet hy opkyk na jou en nie jy na hom nie. Dit is so dat hy in beheer voel wanneer hy bokant jou uittoring, maar dis in jou vermoë om dit nie toe te laat nie. My African Grey hou nie daarvan om op my skouer te sit nie, maar my skoonsus se suster loop die dorp vol met hare op haar skouer. Inteendeel, hy het daar groot geword. So, as dit nie vir jou 'n probleem is dat hy op jou skouer sit nie, gaan gerus voort, maar bly ferm en in beheer van hom waar hy homself ookal bevind."

70 comments:

  1. Let asseblief daarop dat hierdie e-pos adres glad nie meer bestaan wat hier gegee word nie.

    Baie dankie.

    As daar vrae iss stuur dit geruss in en ons sal na julle behoeftes probeer omsien.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
    Replies
    1. My african grey praat glad nie met my van ek met verlof is nie

      Delete
  2. Karina Smith6/5/09 08:59

    Hoe laat ek my African Grey op haar hok sit?

    Ek het 'n Timney African Grey wat nou al 8 maande by ons woon - baie oulik, baie mak en liefdevol en praat al baie woorde! Sy is nou 'n jaar oud. Ons het haar gekry omdat my vorige papegaai weggevlieg het nadat 'n kind hom laat skrik het toe hy sy kop wou krap... Sy vlerkies was op daardie stadium lank laas geknip en ons het hom nie weer gekry nie. Dit was baie baie hartseer en ons het weer 'n Timney aangeskaf.
    Ek kry haar egter jammer om heeltyd in die hok te sit en kan nie heeltyd met haar op my skoot sit nie! Wanneer ek haar egter op die hok neersit vlieg sy af en ek is bang sy beseer haar borsbeen op die harde vloer. Ons het haar gladnie op ons skouer laat sit nie en sy gaan sit sommer op jou voet ook as sy op die vloer is! Kan ek haar leer om rustig bo-op haar hok te aangesien die vorige papegaai slegs binne die hok geslaap het. Laat weet asb. Dankie!

    ReplyDelete
  3. Hi Karina, ja ek weet dit is altyd 'n hartseer saak wanneer ons gaai-kinders wegvlieg. Ek bedoel, dis mos ons kind - dan nie?

    Soos jy noem, 'n mens moet jou papegaai leer om sy vryheid te geniet, maar in 'n roetine en nie net heeldag buite sy hok wees nie. Onthou net is sy meerdere en jy is die een wat hom leer hoe hy moet leef, wat die regte maniere is en wanneer wat gedoen moet word. As daar ander troeteldiere is dit beter dat jy hom altyd onder toesig buite dy hok laat, omdat jy hom nie ook verloor nie.

    Soos kinders moet hulle weet dat daar sekere dinge op sekere tye plaasvind. Ek wil voorstel dat jy 'n "pret-park" vir hom aanskaf waarop hy homself kan vermaak en besig hou met verskillende speelgoed wat aangebring word. 'n "Pret-park" is 'n tak wat afgesny is en in 'n houer geplaas word sodat dit stewig is en nie kan omval wanneer ek rond klouter nie. Troeteldierwinkels het gewoonlik ʼn voorraad en of jy kan koop of jy kan die idee tuis maak. Sorg net dat die hout wat jy gebruik veilig is nie giftig is vir hulle nie.

    Hulle hok is 'n plek wat hulle as "rustig" beskou nie, want soms gebeur dit dat dit 'n plek van straf vir hulle word en dus glad nie gelukkig om daar tyd deur te bring nie. Dis altyd beter om hom in sy hok te laat slaap, want hulle moet 'n gevoel van "veiligheid" ken en weet dat niks hulle daar kan bykom nie. Bedek sy hok as dit regtig koud is en hy sal dit verwelkom. Myne sal nie sonder sy kombers oor sy hok slaap nie en roep totdat hy toegemaak word.

    Die feit dat sy op jou voet klim is omdat sy nabyheid soek en nie altyd alleen wil wees nie. Laat weet hoe jy vorder en sterkte vir julle.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  4. Georgie Pretorius7/5/09 09:57

    Eerstens baie dankie vir al die inligting oor African Greys wat julle met ons deel.

    My man het vir Kersfees vir my 'n African Grey baba gekoop by die plaaslike troeteldier winkel en dit is 'n GROOT plesier om hom hier te hê en ons is mal oor hom!

    Laas Saterdag het ons na 'n troeteldier winkel in Port Elizabeth gegaan om meer te wete te kom oor Max en sommer sy naeltjies te laat vyl.

    Die dame daar het vir ons gevra waar ons vir Max gekoop het en toe sy hoor waar, het sy ons aangeraai om dadelik 'n PBFD toets te laat doen aangesien sy voëls gereeld doodgaan.

    Vandag het ons die slegte nuus gekry, Max is positief getoets. My hart is gebreek maar wat kan ek doen.

    Is daar dalk 'n liggaam waar ons kan kla en die winkel verhoed om weer voëls te verkoop? My man het R3 760 vir Max saam met die hok betaal en ek wil op 'n manier ander mense waarsku sodat hulle nie dieselfde trap aftrap as ons nie.

    Ek weet van ten minste twee ander Greys wat by hom gekoop is en na 'n paar maande dood is van PBFD.

    Help asseblief dringend!

    ReplyDelete
  5. Ai, kan jy glo dat mense weende sulke hartseer dade kan rond gooi terwyl hulle van die probleem met hulle papegaai bewus is.

    Al wat 'n mens kan doen is vra alle troteldierwinkels of julle 'n plakaat mag opsit om ander mense wat belangstel om African Greys by die betrokke persone te koop ten sterkste afraai om dit te doen en verskaf jou redes, met 'n kontak nommer. Hou egter alle bewyse sodat jy nie in 'n probleem kan beland met die betrokkens nie.

    Jy kan by ander winkelsentrums ook hierdie plakaat aanbring of selfs vou biljette uitdeel. Hierdie mense moet op een of ander manier gestop word met wat hulle doen. Gesels met die gereg en hoor wat jy meer kan doen.

    Sterkte en dink aan julle.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  6. Hugh Lombard8/5/09 10:00

    Wie my kan help…



    Ek het op die ouderdom van 16 'n wonderlikke ringnek by my ouma oorgeneem. Sy het die voël vir +- 4 jaar besit. Sy is oorlede en ek het die voël gevat, en ek en die voël het 'n wonderlike verhouding gehad, die voël het my slegs 2 keer gebyt in 2 jaar, en altwee kere moet ek bieg was my skuld. Een keer omdat ek my kop verkeerde kant toe gedraai het toe ek nies, en die ander keer kan ek nie onthou nie. Die voël sou seker nog vandag geleef het as my ma nie, uit onkunde uit, vir die voël avocado gegee het nie. Ek het toe lief geraak vir voël en besluit om weer vir my ‘n ringnek te koop, dit is van September 2008 se kleintjies. My vraag is, Hoe lank gaan dit die groen ringnek vat om aan my gewoont te raak? Ek het slegs vir 2 weke met my ouma se gewese ringnek tyd gespandeer sodat ons oor die weg kon kom, ek het die ringnek al van 26 January af. Is ek te ongeduldig? En gaan dit makliker wees om met ‘n African grey “te bond”? Gaan die African grey minder agresief wees?

    Want op die stadium is ek vanplan om van die ringnek ontslae te raak.

    Enige raad sal waardeur word.

    ReplyDelete
  7. Hi daar Hugh

    Om mee te begin wil ek jou verseker dat dit nie gaan om watter tipe papegaai jy makliker mee gaan verbind raak nie, maar die hantering en verhouding wat ontstaan tussen die twee van julle. Jou benadering is van uiterste belang en hoeveel tyd jy met hom spandeer. Ongelukkig is dit so dat ‘n mens nie altyd baie tyd het om te deel nie, maar dit is kwaliteit en nie kwantiteit wat belangrik is. ‘n Ringnek raak verbind aan ‘n mens en daarmee saam raak hulle baie jaloers en besitlik oor sy maat-mens. My geel ringnek het ek weggegee, omdat ek so vreeslik gebyt is deur hom en het besluit ek gaan ‘n African Grey aanskaf, waaroor ek nog nooit spyt gehad het nie.

    Myne het so verbind geraak met sy nuwe mense-ouer en ek is verheug daaroor. Dit is nou al vier jaar gelede. As jy alles gelees het aangaande die African Grey dan moet jy besef dat jy ‘n baie groot verantwoordelikheid op jouself neem om hom ‘n gelukkige en gesonde papegaai te maak. Nooit sal ek enige iemand afraai om een aan te koop nie, behalwe as hy nie bereid is om vir solank julle saam is net die beste vir hom te gee en te wees nie. Ek wil ʼn ernstige beroep op jou doen om weer alles wat jy in die hande kan kry oor ʼn African Grey deur te lees, dink waarvoor jy jou inlaat en as jy kan sien daarvoor “go-for-it”. Hulle is die wonderlikste papegaaie.

    Maak seker dat jy nie dieselfde foute met hulle begaan as wat jy dalk met jou Ringnek gemaak het nie. As jy dalk meer hulp nodig het onthou jy is welkom om my enige tyd te kontak. Sterkte en hoop jy maak die regte keuse.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  8. Sodra ek of manlief deesdae by die tafel sit,kom Donpedro ook nou uit sy eie na die kant van die hok, Dan word die kop gehou vir n krappie.

    Saans wanneer ek hom toemaak is dit n aardigheid. Hy is nes n stout kind wat vir ma aanhou terugroep. -Dis koppiekrap & soentjies.as hy toe is, dan roep hy "kom," Dan maak ek weer op n skrefie oop,koppiekrap & soentjies. Na die derdekeer, dan is hy tevrede en gaan sit op sy stokkie & slaap

    Donpedro het elke middag vanaf 4uur, so lelik begin skree..Weereens het ek jou raad gevolg. Vandag was dit die eerste dag wat hy nie geskree het nie! Ek so trots op my papegaai-kind. Ek het die heeltyd vir hom vertel hoe oulik hy is.


    Ek wil asseblief tog bietjie raad vra.
    *Hy is glad nie lief vir vrugte nie,al wat hy eet is n klein stukkie appel en peer. Hoe kan ek hom leer om ander vrugte ook te eet?
    *Gister oggend terwyl die son in sy hokkie geskyn het,het hy homself in sy waterbak gebad! hy was sopnat! Dit was egter bietjie koud.Gaan hy nie siek word nie?
    *Ek wil graag weet hoe kan ek hom leer om op my hand te sit sodat ek hom uit die hok kan haal?
    *Sy vlerkie was by sy vorige eienaars gebreek. Volgens hulle kan hy nou glad nie vlieg nie. Is dit dan steeds nodig dat sy vlerkies gekinip moet word?
    *Is dit moontlik om jou advies op troetel te download, sodat ek nie alles hoef uit te print nie.Ek is maar lekker onkundig met die computer.

    Groetnis

    ReplyDelete
  9. Hallo Veronica

    Ek wens ek het geweet hoe oud jou papegaaikind is, dit sal makliker wees om die vrugte-eet kwessie te bespreek. Kom ons veronderstel hy is nog jonk – so 2 jaar – wat beteken jy moet hom leer om van vrugte te hou. Aan die begin moet hulle maar voorgestel word aan kossoorte sodat hulle ʼn eie smaak kan ontwikkel. Gee sy vrugte op verskeie maniere aan hom bv. Klein gesny met “plain” joghurt gemeng, of met ʼn klein bietjie vrugtesap. Sou jy agterkom dat hy van vrugtesap hou – wat gewoonlik die geval is – gee hiervan gereeld, maar nie te veel op ʼn slag nie.

    Gee vir hom hawermout-pap en sny of rasper vrugte daarin ook. Moet net nie pitte vir hom gee afkomstig van die vrugte nie. Moenie net een tipe bly voer nie en stel hom voor aan ander ook. Die African Grey is baie lief vir die suur groen appels – Granny Smith –

    Ek dink dis wonderlik dat hy sommer sopnat geword het in sy bad proses, wat die regte manier vir bad is. Ja, jy moet maar sorg dat hy in sonlig sit en homself droogmaak, maar kyk dat hy nie in ;ʼn trek sit nie. Moet ook nie dink om hom met ʼn haardroër droog te blaas nie, dit is ongesond – sal later meer hieroor vertel.

    Om enige papegaaikind te leer om op jou hand te klim is nie so moeilik nie. Maar daar moet baie geduldig te werk gegaan word. As hy van kleintyd af dit nie geleer was nie maak dit jou taak effens moeiliker.
    1. Plaas jou hand gereed binne sy hok met jou palm na onder. Gesels rustig met hom en nooi hom na jou hand toe. Hou hiermee aan vir so ʼn week, want hy gaan gewoond raak aan jou hand in sy hok. Al vlug hy teen die kante op, bly net rustig gesels en moenie jou hand na hom toe beweeg nie.
    2. Wanneer hy nie meer wegvlug vir jou hand binne sy “gebied”, hok nie, maak die wysvinger reguit en beweeg jou hand doelgerig na sy lyfie, voor onder naby sy voete met die opdrag “op”. Reageer hy nie dadelik nie druk dan net effens teen sy een voetjie wat hom gaan dwing om dit op te lig en op jou vinger te verplaas. Hy behoort die ander een nou ook saam met die eerste een by te voeg. Gebeur dit moet jy ferm jou duim oor sy toontjies plaas, in ʼn vashou aksie, en na buite met jou hand beweeg. Moenie jou duim verwyder nie sodat hy die boodskap kry van jy is in beheer.
    3. Klim hy dalk vinnig weer af voordat jy hom uitgehaal kry moet jy dit net herhaal totdat hy die boodskap kry wat hy moet doen. Dis moontlik dat hy dadelik gaan verstaan. Jy moet ʼn groot ophef hiervan maak sodat hy weet hy het reg opgetree. Gee hom sommer iets waarvan hy hou as beloning.
    Soos ek genoen het, moet jy baie geduldig wees en volhard met jou pogings. Laat ons asseblief weet hoe jy vorder.

    Ons stel voor dat jy hom by ʼn veearts kry om sy vlerk te bekyk en jou sodoende kan gerusstel oor die vlerke wat geknip moet word al dan nie.

    Kontak ons op die volgende e-pos sodat ons jou kan voorsien met wat jy nodig het: - francienma@gmail.com

    Sterkte met jou papegaaikind.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  10. My African grey is die laaste 3 dae baie stil en eet nie so baie soos altyd.Hy is nou een jaar oud.Het hom buite in die son gehad 3 dae gelede.Hy lyk nie siek.Gewoonlik klim en klouter hy oor alles as hy uit die hok is.Nou wil hy net by my sit en laat toe dat ek hom die heeltyd liefies en sy kop krap.Hy raak so te se aan die slaap daarvan.Wat kan dalk die oorsaak wees?

    Groete

    ReplyDelete
  11. Hi Marinda, ek wil niie sommer uit die staanspoor 'n antwoord verskaf nie, maar wil voorstel dat jy so gou moontlik jou African Grey veearts toe neem. Vertel hom hoe jy hom nou waarneem, hoe hy anders optree, nie veel eet nie, ens, want hulle is baie slim om hulle siek-voel weg te steek. Moenie versuim nie, want as hy siek is klink dit is dit reeds ver gevorder.
    Laat ons weet wat die probeer is met hom volgens jou veearts, asseblief.

    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  12. My african grey is gister oorlede.Was 4 dae in die dierehospitaal waar hy behandel en met antibiotika ingespuit is.Niks het gehelp nie. My hart is baie seer en ek mis hom verskriklik.Hul sê dat ons die hok moet ontsmet en vir 3-6 maande moet laat staan voor ons weer `n voëltjie daarin sit. Is dit nodig om so lank te wag? Ek sal bitter graag weer `n african grey wil hê.Hul is die wonderlikste geskenk ooit.Ek het myne gekoop toe hy omtrent 12 weke oud was en vir `n rukkie nog gevoer voordat hy self begin eet het. Is dit raadsaam om weer so kleintjie te koop en te voer om `n band te smee of moet ek maar op `n ouer een besluit?Ek is so bang hy sal ook doodgaan,maar weet dat ek bitter graag weer een wil hê.

    ReplyDelete
  13. Beste vriendin. Ek kan my nie regtig indink hoe hartseer jy moet wees om jou geliefde African Grey te verloor nie, dis familie en na aan jou hart. Ek stel voor dat jy so gou moontlik weer een aanskaf, maar kry hom so klein moontlik sodat jy en jou gesin met hom/haar kan verbind raak. Om een weer op dieselfde ouderdom te koop is die regte ding, maar probeer om direk by die wat met hulle teel een te koop. Die mense is gewoonlik baie gesteld op die gesondheid van hulle papegaaie en die voordeel hieraan verbode is dat hulle reeds gewoond geraak het aan hantering. Ja, ʼn mens is maar skrikkerig om ʼn herhaling te ondergaan, maar vergeet nou wat gebeur het en begin uitsien na ʼn nuwe een wat jou lewe sal verryk. Dit is so waar dat ʼn mens nooit weer ʼn ander tipe papegaai sal wil besit as die African Grey nie. Hulle is so vreeslik spesiaal en net soos ʼn “mens”. Ek sal baie graag wou verneem wat die oorsaak of rede is dat hy dood is. Laat ons weet as jy nie omgee nie, asseblief.
    Wat die hok aanbetref is dit die beste om dit vir die aanbevole tyd te laat staan, want daarmee verseker jy dat alles virusse en kieme daarmee uitgewis is. Jy wil tog ʼn gesonde en skoon hok vir die nuweling bied. Wat ons voorstel is dat jy ʼn ander hok koop wat die regte grote is vir ʼn ringnek of een van sy tipe grote maats. Vir ʼn tydperk van tot ses, selfs sewe maande kan jy jou Grey daarin aanhou.
    Sterkte en ons sien daarna uit om te hoor wanneer jy weer ʼn nuwe een gekry het.
    Francien

    ReplyDelete
  14. Marinda de Bruin28/9/10 11:33

    Hi

    Veearts sê dit was PBFD(psittacine beak and feather disease).Ek het nou bietjie gaan oplees daaroor. Maar wil nie glo dat dit werklik dit was nie. Hy het tot onlangs niks makeer nie en sy vlerke en bek was mooi.My dogter het so 6 weke gelede `n baba ringnek gekry.Hy was net `n paar dae oud en hul was by ons met hom.Ek het haar gehelp om hom te voer met `n spuit.Hy lewe nog en het nou al baie veertjies gekry . Is dit moontlik dat die ringnek die siekte kon dra en dit so versprei het na my african grey of sou hy dit reeds gehad het? Kan dit wees oor ek die ringnek gevoer het en daarna my african grey hanteer het.Kan dit so gou so fataal wees?

    ReplyDelete
  15. Ronelle Crocker20/10/10 07:27

    Hello

    Ek het ‘n Gray geërf by ‘n familie lid. Die voel was baie verwaarloos en het begin om sy vere uit te trek op sy bors. Ook het hy homself vreeslik stukkend gebyt. Ons sukkel nou al vir 6 maande om hom reg te kry. Hy moes steke kry so stukkend was hy, en moes vir baie lank met ‘n “cone” om sy nek loop sodat hy nie by sy stukkende plekke kon uitkom nie.

    Nadat hy gesond was het ons die “cone” afgehaal, waar hy toe dadelik weer begin het om homself te byt en sy vere uit te trek.

    Hy kry baie aandag en is heeldag saam met ons in die leef area, ek het al begin dink om hom eerder vir telers te gee want dit lyk nie of hy wil ophou nie.

    Ek het nogal erg geraak oor die voel want hy het ‘n baie oulike persoonlikheid, maar ek is nou RAADOP.

    Kan jy my help asb. ?

    ReplyDelete
  16. Hi aan jou. Die eerste vraag wat by my opkom is watter tipe lewe het hy gehad voordat hy joune geword het? ʼn African Grey is ʼn baie sensitiewe papegaai en die geringste abnormaliteit kan so ontwrigtend vir hulle wees dat hulle vreemde en onaanvaarbare dinge doen. As jy nie weet in watter omstandighede hy groot geword het nie, probeer uitvind sodat jy meer betrokke met hom kan raak en hom help in sy stryd. Wanneer hulle oorgaan en hulleself so stukkend byt is dit ʼn teken van baie frustrasies, verwerping, geen liefde geken nie, vrees, onvoldoende aandag, kan selfs iets met sy dieet te doen hê, ervaar dalk dinge by jou wat hom herinner aan wat hy reeds beleef het. Jy moet verstaan dat hy erg “gestres” is en jy moet hom weer leer dat mense nie almal dieselfde slegte dinge doen nie. Jy moet hard daaraan werk om sy vertroue, sy liefde te wen en hom daarvan oortuig dat jy omgee. Mense dink dis verspot om te sê as jy van hom negatief praat hy dit nooit sal verstaan nie, maar glo my hy verstaan alles. Jou emosies lees hy en ken jou optrede daarvolgens.
    Stel jou voor jy hoor iemand sê hulle wil jou liewer weggee. Hoe gaan jy voel en reageer? Gaan jy jou probleem vergeet en gemotiveerd voel om te verander en met ʼn nuwe lewe te begin? As jy sagte en liefdevolle behandeling ontvang, gaan dit nie ʼn verskil vir jou maak nie? Onthou wat ons altyd oor en oor herhaal. Hulle is soos ʼn mens, omdat hulle intelligensievlak so hoog is. He hê
    ʼn Paar vrae vir jou.
    • Het hy speelgoed?
    • Kom hy uit sy hok uit of sit hy dag en nag vasgekluister?
    • Word sy aandag met fisiese kontak gegee of is dit net gesels-tye met hom?
    • Gil jy/julle op hom wanneer hy homself byt?
    Mens, hierdie papegaai is vreeslik ongelukkig met sy omstandighede en met sy lewe. Hy het begrip en baie geduld nodig om reg te kom en jy hom kan geniet. Probeer weer en hou die “clone” net langer aan sy nek, maar vertel hom wat aangaan. Hy moet weet sodat hy kan verstaan en deur hierdie tydperk werk.
    Asseblief, hou my op hoog van sake, ons wil bitter graag help, omdat ek weet tot watter vlak hy in staat is om te ontwikkel. Kontak my op my e-pos as jy wil, sodat ek jou meer aandag kan gee. My e-pos is: - francienma@gmail.com
    Ons help graag om hom weer ʼn gelukkige papegaai te sien en weet dat jy ook ʼn tevrede papegaai-ouer kan wees. Weet dit gaan ʼn lang pad wees, maar wees geduldig en volhard met hom, asseblief.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  17. Hi aan jou. Die eerste vraag wat by my opkom is watter tipe lewe het hy gehad voordat hy joune geword het? ʼn African Grey is ʼn baie sensitiewe papegaai en die geringste abnormaliteit kan so ontwrigtend vir hulle wees dat hulle vreemde en onaanvaarbare dinge doen. As jy nie weet in watter omstandighede hy groot geword het nie, probeer uitvind sodat jy meer betrokke met hom kan raak en hom help in sy stryd. Wanneer hulle oorgaan en hulleself so stukkend byt is dit ʼn teken van baie frustrasies, verwerping, geen liefde geken nie, vrees, onvoldoende aandag, kan selfs iets met sy dieet te doen hê, ervaar dalk dinge by jou wat hom herinner aan wat hy reeds beleef het. Jy moet verstaan dat hy erg “gestres” is en jy moet hom weer leer dat mense nie almal dieselfde slegte dinge doen nie. Jy moet hard daaraan werk om sy vertroue, sy liefde te wen en hom daarvan oortuig dat jy omgee. Mense dink dis verspot om te sê as jy van hom negatief praat hy dit nooit sal verstaan nie, maar glo my hy verstaan alles. Jou emosies lees hy en ken jou optrede daarvolgens.
    Stel jou voor jy hoor iemand sê hulle wil jou liewer weggee. Hoe gaan jy voel en reageer? Gaan jy jou probleem vergeet en gemotiveerd voel om te verander en met ʼn nuwe lewe te begin? As jy sagte en liefdevolle behandeling ontvang, gaan dit nie ʼn verskil vir jou maak nie? Onthou wat ons altyd oor en oor herhaal. Hulle is soos ʼn mens, omdat hulle intelligensievlak so hoog is. He hê
    ʼn Paar vrae vir jou.
    • Het hy speelgoed?
    • Kom hy uit sy hok uit of sit hy dag en nag vasgekluister?
    • Word sy aandag met fisiese kontak gegee of is dit net gesels-tye met hom?
    • Gil jy/julle op hom wanneer hy homself byt?
    Mens, hierdie papegaai is vreeslik ongelukkig met sy omstandighede en met sy lewe. Hy het begrip en baie geduld nodig om reg te kom en jy hom kan geniet. Probeer weer en hou die “clone” net langer aan sy nek, maar vertel hom wat aangaan. Hy moet weet sodat hy kan verstaan en deur hierdie tydperk werk.
    Asseblief, hou my op hoog van sake, ons wil bitter graag help, omdat ek weet tot watter vlak hy in staat is om te ontwikkel. Kontak my op my e-pos as jy wil, sodat ek jou meer aandag kan gee. My e-pos is: - francienma@gmail.com
    Ons help graag om hom weer ʼn gelukkige papegaai te sien en weet dat jy ook ʼn tevrede papegaai-ouer kan wees. Weet dit gaan ʼn lang pad wees, maar wees geduldig en volhard met hom, asseblief.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  18. Rhona Visagie6/1/11 16:19

    Hi Francien

    Ons het 'n 2jr oue wyfie African Grey (Tommie) wat baie oulik is en baie praat. Sy kry baie aandag en eet selfs in die oggende saam met my man. (Sy klim self van haar hok af om by hom te gaan pap eet as hy klaar is). Sy bly bedags alleen tuis en ons los die radio vir haar aan! Wanneer ons tuis kom haal ons haar uit die groter hok en sit haar in 'n kleiner hok en hang haar buite op die stoep waarvan sy baie hou. Nou gedurende die vakansie was sy omtrent heeldag op die stoep maar het begin om die koerantpapier onder in haar hok op te skeur en van dit in haar waterbakkie te gooi. Is dit die verandering of te min speelgoed? Sy kry steeds baie aandag buite, ons praat baie met haar en krap haar kop.

    ReplyDelete
  19. Hi daar Rhona
    Dankie vir die vrae en ons probeer help waar moontlik. Dit klink nie asof die feit dat sy heeldag alleen is haar tot nou toe nie gepla het nie, maar vandat sy meer tyd, en alleen, op die stoep moes deurbring was eerlik ʼn verandering wat haar nie goed gedoen het nie.
    Jy noem nie regtig hoeveel speelgoed daar is om haar mee besig te hou nie. In my ander artikels vertel ons hoe belangrik speelgoed vir hulle is. Daar kan nooit regtig te veel speelgoed vir hulle gegee word nie en ook belangrik dat dit gereeld afgewissel moet word. Ook sal daar opgemerk word dat in my artikels koerantpapier GLAD nie aanbeveel word in papegaaie se hokke nie. Die rede hiervoor is die drukkersink wat giftig kan wees vir hulle.
    Dit is nie goed dat die koerantpapier in haar water gegooi word nie en jy moet dadelik ophou om koerantpapier te gebruik. Gebruik papierhanddoeke, nie met motiewe op nie, maar die wat net wil van kleur is. Daar kan ook van gewone bruinpapier gebruik gemaak word om in hokke te plaas. Maak terselfde tyd seker dat daar ook speelgoed in is waarmee sy kan speel.
    Jy moet onthou dat enige verandering vir hulle sonder sy mens-ouer na verwerping voel. Hierdeur kan hulle verskillende gewoontes aanleer en dit sal moeilik wees om dit sommer net weer af te leer. Jy noem dat sy steeds aandag kry. Om te gesels en kopkrap is nie al waaroor aandag gaan nie, daar kort ander tipe aandag ook. Dat sy by jou man haar kos eet is uitstekend, maar daar moet meer kontak tussen julle en haar wees. Gesels is goed, maar tye buite die hok is ook baie belangrik.
    Kry sy ʼn gebalanseerde dieet of nie? As jy ʼn gelukkige papegaai wil hê sorg dat daar in al haar behoeftes voorsien word. Lees gerus die ander artikels en antwoorde op ander se vrae wat jou sal help om in haar behoeftes te voorsien. Laat weet as daar nog iets is waarmee ons tot hulp kan wees.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  20. Marinda de Bruin25/2/11 10:49

    Hi almal

    Ek wil net baie dankie sê aan Francien wat bereid is om ons by te staan met raad en advies. Jul kan verseker weet sy gee die regte inligting en advies.En as sy iets nie weet nie,gaan sy uit haar pad om inligting te bekom en terug voering te gee.Sy het my gehelp om n african grey vanaf 2 weke groot te maak.Hy is nou 6 maande en die mooiste ding. Ek sê sommer namens almal dankie vir Francien en hoop ons kan nog lank op jou staatmaak.

    Groete

    ReplyDelete
  21. Hi Marinda en alle papagaai-liefhebbers.
    Dankie aan elkeen wat om hulp vra en hopelik vind dat dit werk. Ons is hier tot julle diens, gebruik ons en al wat ons vra is terugvoering van julle af asb.
    Marinda, dit was en is steeds woderlik om jou te help. Dankie vir jou aandeel hier vandag, ons waardeer dit regtig.
    Groete en sterkte aan almal.
    Francien

    ReplyDelete
  22. Anonymous13/4/11 15:42

    Hi Francien

    Ek het 'n african grey papegaai wat slielik vreemd optree nadat ons teru is van vakansie.Hy slaap skielik meer en praat baie minder,hy eet wel nog kos.
    Is dit 'n teken van 'n siekte of net verlange?

    ReplyDelete
  23. Hallo daar
    Ons probeer altyd help deur ons mense daarop attent te maak om so spoedig moontlik by ʼn veearts uit te kom wanneer daar een of ander afwyking by hulle papegaaie bestaan. Ons probeer raad gee waar moontlik, maar om hierdie antwoord te verskaf is nie moontlik nie. Daar is nie genoegsame inligting waarop ons kan werk nie. So maak ʼn afspraak en help hom.
    Sterkte
    Francien

    ReplyDelete
  24. Haai daar ek het n kokketiel present gekry wil haar graag makma ak maar weet nie hoe niea s jy my kan help sal ek dit opreg waardeer jy kan my email by johannestaljaard@gmail.com

    ReplyDelete
  25. Anonymous25/7/11 08:26

    Hi

    Kan jy asb help ek het inligting nodig i.v.m. lugweg siektes onder African greys. My African grey is baie siek en wil hom nie verloor nie ek weet nie meer wat om te doen nie.

    Asb enige inligtin sal help oor siektes en behandeling.

    Dringend asb

    Dankie

    ReplyDelete
  26. Hallo, daar is net een ding wat jou nou te doen staan en dit is om hom by 'n veearts uit te kry. Dis iet wat jy reeds lankal moes doen.

    Mense, asseblief, wanneer daar enige afwykings in gedrag voorkom, of hulle siek lyk en jy wonder wat aangaan, is daar net eending wat julle moet doen. Neem hulle dadelik sonder versuim na 'n veearts en kry hulp vir hulle.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  27. Marinda Du Plessis7/9/11 07:45

    Hallo,

    Ek het n African Grey hy is vandag 9 weke oud. Ek voer hom nog met n spuit in die oggend en in die aand speel ons lekker met die lepel sodat hy kan eet. Ek sit ook sonneblom saad in sy hokkie, met gerasperde appel en wortel. Hy hou baie van die appel maar eet bitter min van die wortel. My probleem nou is sy krop voel leeg maar hy wil nie die pap eet nie. Die man by wie ek Jojo gekoop het se hy het dalk suur krop. Is dit die geval en as dit is wat moet ek doen?

    As julle my kan help sal ek dit vreeslik waardeer.

    ReplyDelete
  28. Hallo Marinda
    Dankie jou skrywe en ek moet sê jy klink goed benoud. Dalk nie benoud genoeg nie, anders was jy seker lankal reeds by ‘n veearts met jou baba-gaai. Vir ons om jou sommer net die korrekte antwoord op jou probleem te gee is nie regtig moontlik nie, maar ons gaan jou met raad bedien.
    Jou African Grey is nou 9 weke oud wat beteken hy is nog ‘n baba. Jy moet slegs op sy “baba-pap” konsentreer en nie allerhande ander kose voer nie. Neem sommer dadelik die sade weg, want ons is nie voorstaanders daarvan nie en seker dat ‘n veearts met ons sal saamstem. Wanneer hulle ouer word moet jy na ‘n sterker formule pap verander, want hy sal meer voeding nodig he vir gesonde en normale ontwikkeling. Vra die troeteldierwinkel hulle sal hierin kan help.
    Die “baie” oorsake van suur krop is ons nie mee vertroud nie, maar weet dat hulle dit wel kan kry wanneer hulle net aangehou voer word terwyl die krop nog kos in het. Dis raadsaam om daarna op te let dat sy krop leeg moet wees voordat ‘n volgende ete gevoer word. Gee hom appel en sy pap vir eers totdat hy ongeveer 10-12 weke oud is. Wanneer hy selfs ouer is sal hy begin knibbel aan alles en dan kan jy stelselmagtig ander kos begin voer. Asseblief hou die sade weg.
    As jy nog hulp nodig het laat maar weet, ons help graag.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  29. Christa Janse van Rensburg16/11/11 10:32

    My African Grey kry iets een of ander asemnood aanval.Sy begin skielik baie hortend asem haal en mens kan hoor hoe swaar die lug in haar longe gaan. (Soos 'n asma aanval).

    Sy het 'n paar weke geval en ons het die Sondagaand (na-ure), toe sy so swaar asemhaal na die vearts gejaag. Hy het toe gesê dat haar een longetjie seer gekry het. Na medikasie het dit goed gegaan. Sy slaap in haar hok en Saterdagoggend 2 weke daarna, voor sy uit dit hok gehaal is het sy skielik weer so 'n "aanval" gehad. Ons het gewag dat die vearts oop moet maak maar na omtrent 1-2 ure het dit weer weggegaan. Die Sondag middag daarna het sy by my gesit het weer skielik 'n "aanval" gehad. Na 'n paar ure het dit weer oorgegaan. Ek het die vearts geskakel en hy het gesê dit kan een of ander allergie ook wees.

    Kan iemand my dalk sê wat dit veroorsaak en hoe dit behandel moet word. Ek is so bang sy makeer iets ernstig.

    ReplyDelete
  30. Anonymous10/1/12 19:38

    hi my grey is 13weke en hy lyk biekie af,hy slaap baie en eet min hy drink ook nie juis water nie ek is bekomerd dat hy dalk siek kan wees,ek was vir n dag weg en die aandag was biki min kan dit dalk van dit wees want hy is gewoond aan baie aandag sy poep is ook looperig ma normale groen en wit kleur! moet ek hom v arts toe vat of eers n dag of wat kaans gee

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi aan anoniem
      ʼn Baba Grey van 13 weke is nog klein en jy klink na ʼn bekommerde pappegaai-ouer – wat wonderlik is. Die feit dat hy baie slaap is maar net omdat hy nog klein is, solank hy twee tot driemaal ʼn dag sy ete kry is daar niks waaroor jy bekommerd hoef te wees nie. Sorg jy net dat hy wel sy voorgeskrewe hoeveelheid pap in kry, of ander kossies – net nie sade in oormaat nie – dan behoort alles reg te verloop. Vog kry hy in deur middel van sy pap en sal nie nou al veel aandag gee aan water nie. So dis normaal.
      As jy weggaan van hom af maak seker dat jy met hom gesels en vertel hom wat aangaan – dis baie belangrik – en sodoende sal dit nie ʼn onverwagte skeiding van mekaar vir hom wees nie. Wanneer hulle gewoond geraak het aan baie aandag is dit veral stresvol vir hulle wanneer hulle vir lang tydperke weg is van hulle menseouers af. Slegs ʼn dag behoort nie te erg te wees nie. Hou hom dop en as jy steeds onrustig is neem hom veearts toe – dis altyd raadsaam.
      Sterkte en laat weet gerus hoe jy vorder.
      Groete
      Francien

      Delete
  31. Anonymous14/1/12 08:18

    Hi, Hoe weet ek wanneer ek my 8 weke oue African grey genoeg gevoer het. Ek het hom gister as 'n geskenk ontvang en weet nie veel nie. Hy was glo as baba sieklik en die teler wou hom nie verkoop nie. Hy bly raas na voeding en dit lyk of hy nog honger is. Ons voer hom die finale fase van die babakos wat die teler saam gegee het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/1/12 16:16

      kontak my asb 079 068 3498

      Delete
  32. Hi aan die onbekende
    Jou Grey is nog baie klein en hy behoort steeds op die eerste fase pap te wees totdat hy 10 weke plus oud is. Maak egter seker dat hy driemaal per dag die regte hoeveelheid kos inneem – nie meer op ʼn slag nie – en gee nie weer voordat sy krop leeg is nie. Hulle is maar geneig om aan te hou kos vra, maar jy moet bly by die regte voedingsvoorskrifte.
    As jy wil kan jy my jou kontak besonderhede gee en ek kontak jou met persoonlike leiding waarin jy hulp nodig het.
    Hoop ek hoor spoedig van jou.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/1/12 17:35

      Hi ek is Louise van Ladysmith KZN.Ek het die 2JAN 2012 n baba Grey gekry sy is nou omtrent 5weke oud

      Delete
    2. Anonymous16/1/12 17:49

      Wanneer moet ek my grey in n groote hok sit

      Delete
    3. Anonymous22/1/12 16:14

      My kontak nommer is 079 068 3498. Die voeltjie is siekerig. Kan jy my asb redelik dringend kontak.

      Dankie
      Mariana

      Delete
  33. Anonymous16/1/12 17:26

    Ek wil graag meer weet van my Grey wat nog klein is .Wanneer GAAN EK OOR NADIE TWEEDE FASE PAP TOE.MY KONTAK NO IS 036-271-2098 TUSSEN 7
    :00 AM EN 14:00PM. en my e/mail is LOUISA.ROETS@TRANSNET.NET

    ReplyDelete
  34. Anonymous16/1/12 17:46

    moet my grey nou al in n groot hok wees

    ReplyDelete
  35. Anonymous17/1/12 19:39

    EK WIL NET HOOR HOE MOET NMENS N RINGNEK VERSORG,BAD,VLERKE KNIP.EN HOE OM HOM MAK TE MAK EN WATTER KOS DIE BESTE IS.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit wat vir die Grey geld kan op enige ander pappegaai ook toegepas word. Kyk na die verskillende artikels en jy behoort iets te ontdek wat jou sal help.

      Groete

      Francien

      Delete
  36. Mariana neem hom dedelik veearts toe ek kan jou nie nou skakel nie ek is byna oppad hospitaal toe vir 'n besering.
    Sal later kontak maak.
    Groete
    Francien

    ReplyDelete
  37. Anonymous6/2/12 10:47

    Hoe kan ek my papagaai weer heeltemal mak kry???? kan iemand my help asb>

    ReplyDelete
    Replies
    1. Werk deur baie van die vrae reeds gevra en lees van die artikels daar behoort jy iets op te tel wat sal werk.
      Laat weet hoe jy vorder.
      Sterkte
      Francien

      Delete
  38. Suzette (suzette@magicmail.co.za)19/2/12 14:23

    Hello, ek het twee African Greys ('n vrou en 'n man), die 2 hokke het die na ek teenmekaar gestaan hulle het met mekaar se snawels gespeel. Ek het hulle uit die hokke laat kom en hulle was nie vreeslik agresef nie, ek werk heeldag en hulle kry nie rerig die nodige aandag nie, ek het n groot hok waarin ek hulle bymekaar wil sit. Is dit gevaarlik kan ek dit doen. Antwoord groot asseblief.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Suzette
      As jy met hulle wil paar is dit beter om ‘n hok – groot hok – buite die huis aan te bou, maar as jy hulle wil geniet as troeteldiere moet jy hulle liewe in twee aparte hokke aanhou. Gee hulle genoeg kos en baie speelgoed sodat hulle kan besig bly terwyl jy by jou werk is.
      Daar behoort nie ‘n probleem op hierdie wyse te wees nie.
      Sterkte
      Francien

      Delete
  39. Goeie dag Francien. My Afican Gray het ek van kleins af stiptelik om 19h00 geleer om self is sy hok in te klim as ek se hy moet nou gaan slaap. Dan klim hy getrou in die hok sodat ek die deur bo toemaak. Dan soek hy sy laaste kopkrap en soentjies voordat ek sy kombers bo-oor die die hok gooi. Deesdae raak hy ongesteld as ek sy kombers oor sy hok wil gooi. Hy raak kalm sonder die kombers en dit pla my omrede sy gedragsgewoonte nou verander. Is dit 'n moet dat hy toegemaak moet word. Sal baie graag wil hoor.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kontak my op 013 791 1000 asb.

      Groete

      Francien

      Delete
  40. KAN JY MY ASB Së WAT DIE VERSKIL IS TUSSEN DIE KONGO AFRCICAN GREY EN DIE GEWONE AFRICAN GREY. EK HET 2 BROEIPARE KONGO AFRICAN GREY EN WIL NOG 'N PAAR KOOP MAAR DIE MANNETJIE SE Oë LYK ANDERS EN IS BAIE KLEINER OP 4 JAAR. DIT IS DEFNITIEF NIE 'N TIMNEY GREY NIE, HET 'N ROOI STERT.

    BAIE DANKIE EN SAL DIT WAARDEER AS U MY KAN HELP.

    GROETE
    KAREN

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Karen
      Dit verskil wat altyd eerste opgemerk word is die kleur van hulle sterte. die African Grey is die eeen met die mooi rooi stert.
      Sterkte
      Francien

      Delete
  41. Anonymous7/6/12 09:03

    HI MY VROU HET N AFRICAN GREY HY IS ALL 2 JAAR OUD HY PRAATBAIE GOED MAAR VAN GISTER OGEND HET HY NET NIE MEER GEPRAAT NIE HY WILL PRAAT MAAR DAAR KOM GEEN KLANK DEUR NIE WAT MOET EK DOEN IN SO GEVAL STUUR N E MAIL NAA MY TOE AS DAAR RAAD IS E MAIL ADRES alfonsojacobs@flysaa.com DANKIE WAARDEER DIT

    ReplyDelete
    Replies
    1. hi aan jou
      Al wat jou te doen staan is om jou pappegaai onmiddelik by ' n veearts uit te kry. Hy sal jou kan help.
      Sterkte
      Francien

      Delete
  42. Hey ek het n african ek wil net weet wat kan ek doen want sy bek grooi nie reg nie die onderste gedelte het op gegrooi toe knip ek hom reg maar nu grooi die boonste gedelte af ek wil net weet wat kan ek doen dat dit nie meer gebeur nie en hoekom doen sy bekie dit sy is nu eers 9 mnd oud. En sy byt my as ek met haar speel wat moet ek doen dat sy my nie byt doen ek miskien iets verkeerd. En sy het so witterige stop of iets op haar vlerke wat is dit kan dit wees omdat sy nie bad maar is nou en dan in die reen. Dankie. Anzel

    ReplyDelete
  43. Hi Francien,
    Ek wil graag uit vind my Africa grey sy naam is grumpy.Nou vir die afgeloopde2 weke het.sy gedrads kode baie verander,Voorheen kon ek hom soen ,optel,en koppie krap.Maar nou wil hy niks weet van my nie ,as ek my hand uitsteek om hom op te tel .Dan wil hy van die hok af vleig en maak skreeu geluide.Ek wil net uit vind sal dit weer reg kom of wat is die rede daarvoor.My email adres is Gerttune@gmail.com

    ReplyDelete
  44. Anonymous30/7/13 13:39

    Hi ons african grey is 9 jaar oud en praat baie nou het hy/sy net skielik opgehou praat, dit is nou so 3 weke wat ni praat ni maar hy/sy eet goed. Hy kry nog al di aandag wat ons hom altyd gee en daar was ni enige veranderinge in huis nie.
    Wat kan veroorsaak dat nie meer praat nie.
    Dankie
    Annelize
    .

    ReplyDelete
  45. Goeiemiddag ek wil net graag weet of u n verklaring het vir die volgende ivm my African Grey.

    Vanoggend tussen 6 en 7 uur het sy niks makeer en nog gesels. 7.30 het ek n snaakse geluid gehoor en gesien dat sy op haar hok le en fladder.Ek het haar uitgehaal en in n handdoek toegedraai en agtergekom sy bewe erg n Paar minute later kreun geluide gemaak en skielik agtergekom dat sy dood is. Sy was nie siek nie Het n hond uit n bos gesels en geraas gister aand en vanoggend weer n uur later is sy dood. Wat kan dit wees??
    Groete

    ReplyDelete
  46. Hi Alta

    Jammer om te hoor dat sy dood is. Soos jy weet steek hulle hul "siek-wees" baie goed weg en as jy nie baie noukeurig oplet nie sal jy niks agterkom nie. Vir my om 'n rede te verskaf waarom sy dood is, is ek jammer, ek kan dit nie doen nie. Die regte person hiervoor is maar 'n veearts.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  47. Help asb!!!
    Ek het n Afrigan grey papagaai wat al ourige is, hy gesels en laat toe dat ek sy kop krap, hy knippel ook aan my vingers.

    Die probleem is ons is nie meer naweke by die huis nie en hy het glad nie daarvan gehou nie, hy het begin skreeu en sy hok behoorlik aangeval.

    Ek het vir 2 naweke hom saam gevat plaas toe, ek kon sien dat hy dit baie geniet en hy was baie rustiger, maar die probleem is ek kry hom nie in die klein hokkie sodat ek hom kan vervoer nie, daar is n groot hok op die plaas, hy het my laas naweek baie gebyt en wil nie dat ek naby hom kom nie, dan pof hy sy vere en wil my byt.

    Wat moet ek maak sodat hy op my hand kan klim, hy het voeer opgeklim maar dadelik weer afgeklim, nou wil hy my dit gald nie meer doen nie.

    Ek sal dit baie waardeer as jy vir my raad het want ek wil hom nie graag alleen by die huis los nie

    ReplyDelete
  48. Hi Francien, My African Grey lyk van vanoggend af olik. Hy praat en eet maar sy neusie het bietjie geloop. Ek het nie fondse vir n Veearts nie en is erg bekommerd. Hy is nou 3 jaar oud en vreeslik slim. Ek het Vitamine Poeier in sy water gegooi. Wat kan ek nog doen?

    ReplyDelete
  49. Stuur vir my jou kontak no asb.

    ReplyDelete
  50. Coco is nou 'n jaar oud. Ek wil net weet hoekom hy eweskielik sy water en kos uitgooi as ek dit vir hom in sy hok sit. Hy begin al bietjie te praat en ek gee hom baie aandag. Hy slaap buite sy hok in die aand en sy hok is altyd oop. Hy sit baie op my skouer en dan praat ek ook baie met hom. Hy byt my beddegoed as hy by my sit. Doen ek iets verkeerd? Wanneer kan 'n mens by 'n African Grey weet of dit 'n mannetjie of 'n wyfie is?

    Nog iets: partykeer hou hy van vrugte en groente en dan eweskielik nie meer nie. Hy hou ook sy kop dat ek hom moet vryf maar sodra ek hom vryf dan maak hy of hy byt maar hy byt nie, hy knibbel net en ook nie seer nie.

    Hy het nog nooit in die aand as hy op sy hok slaap kwaad aangejaag nie, en net eweskielik het hy sommer die houtkaste begin eet.

    Kan iemand my asb hulp gee?

    Penny

    ReplyDelete
    Replies
    1. Goeie naand Francien. My epos is pennyvd.pvd@gmail.com en my selfoon nommer is 084 479 0736

      Baie dankie

      Delete
  51. stuur asseblief vir my jou kontak besonderhede.

    Francien

    ReplyDelete
  52. Goeie naand

    Ek doen nou al navorsing oor my vere kind "African Grey" ons kry hom oor 2 weke aangesien hy nog in sy nessie is, nou wil ek graag weet, hoe kan ek hom versorg as ek en my man albei werk en ons kan nie ons vere kind saam neem werk toe nie? HELP ASB GROOT ASB... Dankie Chanel

    ReplyDelete
  53. Goeie naand

    Ek is besig met my navorsing, vir ons vere kind "African Grey"...
    Ons het reeds al 2 Budgies... Ek en my man is altwee werkend bedags van Maandae - Vrydae
    Dis nou ons eerste keer dat ons n African Grey in ons besit gaan he.
    Ons kry ons vere kind oor 2 weke nou omdat ons vere kind nog in nessie is.
    Maar nou, hoe gemaak as ons bedags by die werk is, ons kan hom nie saam vat werk toe nie?
    ASB HELP...

    ReplyDelete
  54. Anonymous9/6/17 14:15

    Goeie dag. My pappegaai se snawel is heel uit perporsie uit. Sny bek groei skeef. Die onderkant groei verby die bokant. Ek is baie bekommerd oor hom want hy is my kind. Asseblief kan jy vir my raad gee.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi daar.
      Daar is niks anders wat jy kan en moet doen as om hom veearts toe te neem vir hulp nie. Hulle sal hom help

      Sterkte

      Francien

      Delete
  55. Anna-Mart2/11/17 21:31

    Hi Francien
    Ek het nou n 11 weke oue african grey, hy eet goed maar wat ek wil weet is wanneer kan ek begin met vaste kossies soos vrugte en groente? Wanneer kan ek hom begin gewoond maak aan water vir bad? En dan my groot vraag is hy het nog nie vere op sy ruggie nie nou daar is 2 gaatjies daar maar die een kant bly opblaas ek wil weet of ek bekommerd moet wees asb.

    ReplyDelete
  56. Goeie middag Francien. Lily is nou 12 wekies oud,het haar gekry op 2 weke, vanoggend het sy nog lekker geeët, maar vanmiddag en nou wil sy niks weet van daai pap nie. Dit lyk of sy wel honger is, as ek die eerste lepeltjie gee dan is sy gretig, maar so by 2de en 3de lepeltjie wil sy niks weet nie. Dink jy daar is iets fout, asb help. Net bang sy het iets onder lede en wil haar nie verloor nie. Die vetshop het vir my ander kossies ook saam gegee (avi plus complete parrot mix), wat nou bietjie harder is en wat ek in haar hok sit, maar ek glo nie sy eet dit nie, skrop maar meer van dit uit en dan sit sy en slaap op haar kosbakkie. Jy kan my kontak op 0726082146/0829407910/0514361510

    ReplyDelete