'n QVRP blog

Honde | Katte | Soogdiere | Voëls | Roberts Voëlname | Boeke

17.2.09

Die onvoorspelbaarheid van die African Grey

Aan die van julle wat reeds geruime tyd poog om julle papegaai sover te kry om te praat, wil ek baie graag my ondervinding met julle deel wat ek verlede week met my Louis gehad het.

Hy is nou 2½ jaar met my en elke liewe oggend groet ek hom met 'n "môre ma", maar nog nooit het hy daardie twee woorde geuiter nie. Ek bly steeds hoop dat daar 'n dag wel sal aanbreek wat hy gaan veras.

Nietemin, my vriendin bring haar twee budgies na my om na hulle om te sien terwyl hulle weg is. Sy gee my hulle naam as net budgies. Wel, so groet ek maar vir Budgies heeldag om hulle besig te hou en kom agter Louis is nie gelukkig daarmee nie. Hy is heel stil en ek gee aan hom sy aandag ook.

Tweede Kersdag kry ek die skok van my lewe toe Louis dit behoorlik uitskree. "Hallo Budgie". So, dit het hom nie eers 'n volle dag geneem om daardie twee woorde te leer nie.

My gevolgtrekking dus. "Hulle is moedswillig en maak aan die einde van die dag soos hulle wil en jy moet net nie moed verloor nie. Praat gaan hy een of ander tyd praat."
Ek dink dit sal regtig pret wees as julle van julle ondervindings met die res van ons deel, asseblief.

Sterkte en moed hou.

skrywer: Francien Mare

1 comment:

  1. Anonymous24/9/11 18:09

    Hi. Ek het 'n African Grey en hy sal November 2 jaar oud wees. Ek wil net graag advies hê oor hulle gedrag. Hy sal by my lê en speel en die volgende oomblik sal hy my byt. Ek is al vol blou merkies soos wat hy my net skielik uit die bloute byt. Hy byt nie net my nie, maar almal in die gesin. Ek het al hom in sy hok teruggesit as hy my byt en hom dan geignoreer en dan na tien minute het ek hom dan gaan haal om weer met hom te speel en te gesels, dan byt hy my eers. As hy in sy hok sit sal hy die hele tyd sit en sê " ek is stout of ek is kwaad". Hoe gaan ek hom kry om op te hou met die onverwagte bytery?

    ReplyDelete