'n QVRP blog

Loading

19.1.09

Raad met voëls

Alle Ringnek-eienaars en alle voëlliefhebbers - vir die beste raad en advies rakende kos en al die moets en moenies omtrent Ringnekke, kontak gerus Elrie Fourie.

Onderstepoort Voëlafdeling het my na haar verwys nadat ons Volstruis, ons Ringnek, gekry het. Vandag 'n jaar later praat hy ons uit die huis uit en is 'n baie gesonde en gelukkige voël, omdat hy reg versorg word. Let wel: Geen vleis (hoender is ook vleis) en geen sonneblomsaad.

Elrie weet alles van voeding, teling, die handgrootmaak van voëls, maar sy is 'n spesialis as dit kom by gedragsprobleme. Sy is die eerste persoon wat jy moet skakel indien jy probleme het.

Elrie Fourie se telefoonnommer by Paradise Babies is 0826374429. Julle kan haar gerus skakel.

skrywer: Adelle Botha-Erasmus

34 comments :

  1. Hester Erasmus19/1/09 14:14

    Ek het onlangs 'n Red Rumped Parrot present gekry. As daar enigeen is wat my meer inligting aangaande die voël kan gee sal ek dit baie waardeer. Veral hulle gunsteling kos asseblief.

    ReplyDelete
  2. Anonymous19/1/09 14:14

    Hulle hou van enige saad natuurlik, maar hulle eet ook gras en graag vrugte.

    ReplyDelete
  3. Teresa le Roux19/1/09 16:19

    Ek het 'n skreeu / skril kreet geluid gehoor en 'n groot voël opgemerk in 'n hoë boom naby my huis in Pretoria. Die voël is nou al 'n geruime tyd in die omgewing. Iemand het vir my gesê die geluid wat die voêl maak en die grote lyk soos 'n Bergarend. Die naaste wat ek aan 'n bergarend kon opspoor was dié Berghaan.
    Die bome het baie blare en baie hoog en die skril kreet geluid wat die voël maak word meestal gehoor as hy weg of na die bome toe vlieg. Nou onlangs het die voël oor die huis gevlieg en ek het opgelek sy bek is geel/rooi van kleur.
    Vraag: Wat is die moontlikheid dat die voël homself in 'n stadsgebied sal kom tuis maak?

    ReplyDelete
  4. As 'n amateur (met die klem op amateur) voëlkyker glo ek dit is ongewoon om 'n Berghaan in die stad te kry, hulle hou van bosveld en boomveld. 'n Berghaan skree soms in vlug, iets soos 'shaaaaou'. Indien jou arend 'n Berghaan is is julle baie gelukkig om een daar te hê, hierdie mooi roofvoël is bedreig in Suid-Afrika. 'n Jong berghaan is bruin.

    ReplyDelete
  5. Anonymous20/4/09 14:03

    Goeie dag, ek het 'n Geel ringnek en blommie het ek hand groot gemaak. Blommie het my aanvaar as klein ringnek, maar nou is Blommie nie meer so vandat ek Blommie in 3 verskillende hokke gesit het. Blommie knyp my of hardloop weg as ek in aanraking wil kom en wil Blommie mak en my beste pel maak. Asseblief ek soek raad en hulp omtrent my Blommie. Weet ook nie of dit hy of sy is, want daar wys nog geen ring of moet ek nog 'n maatjie kry

    ReplyDelete
  6. Hi Anonymous, daar is baie vrae wat by my opkom om jou te vra toe ek jou probleem lees. Ek neem aan jy praat van "3 verskillende grote hokke" wat jy met tyd gebruik het vir jou ringnek. Dis nie baie goed om dit te doen nie, omdat dit elke keer vir hulle ontwrigtend is om van voor af weer aan te pas in 'n nuwe tuiste. Onthou altyd dat jy jou gaai gewoontes leer.

    Waarom hardloop hy weg van jou? Waarmee assosieer hy dit wanneer jy hom wil hanteer? Waarom byt hy jou? Is/was jy nie dalk 'n bietjie te rof op 'n stadium nie en nou wil hy homself beskerm? Hulle reageer op sekere gebare wat gewoontes word en hou daarby. Dit gaan jou baie tyd en gedult kos om sy vertroue te wen.

    Hulle ontwikkel eers na drie jaar 'n ring om die nek as dit 'n mannetjie is. Wyfies het nie 'n ring nie.

    Wees geduldig en probeer jou maniere verander sodat jy hom weer af voor af kan ontdek. Sterkte en laat weet hoe jy vorder.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  7. Lolita Nel8/5/09 10:07

    Ek het vir my 'n ELECTUS papegaai gekoop wat 7 weke oud is. Is dit dalk moontlik om vir my inligting te stuur van hoe om hom mak te maak wat hy mag eet en nie asook waarvoor om te kyk sou hy siek word.

    ReplyDelete
  8. Lolita, niemand kan enige een regtig wys of vertel hoe om jou papgaai mak te maak, want dit is 'n verhouding waaraan jy moet bou en regte benadering wat belangrik is. riglyne kan daargestel word, maar iss geen waarborg dat dit gaan werk nie.

    Net soos die mens van verskeidenheid kosse hou en nodig het, so geniet papegaaie ʼn verskeidenheid in hulle dieet. Geen papegaai behoort net ʼn sade of pille dieet onderworpe te wees nie. Dit beteken nie dat hulle dit glad nie moet kry nie, maar moet deel van hulle dieet uitmaak. Drie bake .moet hulle daagliks kry, een vir droë kosse [sade en pille] vir water en dan een vir vogtige kosse.

    Afhangende of hulle die dag vrugteslaai of ʼn groente mengsel kry. By groente kan hardgekookte eiers, gemengde groente, wit van ʼn hoender se vleis, rys, peul bone en pasta tesame gemeng word. Hulle water moet meer as een maal per dag skoongemaak word aangesien hulle daarvan hou om hulle kos in hul water te doop.
    Reën
    Hulle dieet verskil nie veel van ander papegaaie s’n nie, maar dit is belangrik dat hulle kosse wat ʼn hoe inhoud vitamine A bevat moet kry. Kosse soos gaar patats, droë brand rissies, gaar brokkoli, wortels, lemoenpampoentjies en gaar bees lewer, alles sonder sout natuurlik. Oor die algemeen is hulle lief vir mense kos, maar sonder geursel. As dit vir jou gesond is sal dit vir hulle ook wees. Maar geen alkohol, sjokolade, “junk food” of avokado nie.

    Net byvoeg, daar moet nie te veel rissies gegee word nie, want dit veroorsaak dat hulle vere geel word.

    Hulle is baie lief vir roer-eier, klein stukkies hoendervleis of vis, gebakte aartappels, gaar groente, pasta, harde kaas, gewone joghurt, volgraan roosterbrood en selfs groentesop. Hulle stapelvoedsel moet aan die einde van die dag uit hulle eie kos sonder geurmiddels wees.

    Die beste is om jou veearts gereeld te besoek met hom om seker te maaak dat hy gesond eet en niks kortkom nie.

    Hoop hierdie gaan help, maar as jy nog inligting verlang kontak ons gerus.

    Groete

    Francien Mare

    ReplyDelete
  9. Kobus Ek het broeihokke met ringnek broeipare die hokke staan op bakstene en het grond vloere. Die ringnekke begin die grond onder die bakstene uitgrou na die hok langsaan. Van hulle het die gat so grootgemaak dat hulle kon deurklim. Weet iemand van die gedrag of het iemand raad asb.

    ReplyDelete
  10. Hi Kobus. Ek het nooit gehoor dat mens los grondvloere in voels se hokke aanbring nie, want ek glo in elk geval dat dit nie baie gesond sal wees vir hulle nie. Harde grond is beter as los grond waarin daar gefroetel kan word.

    Dat hulle ontdek het wat hulle moontlik sien as speel...iets om hulle mee besig te hou, dink ek is die geval hier. Vandaar dat hulle uitgrawe, want dit bied hulle 'n gevoel van vryheid ook. Ek wonder net hoe vorder hulle met hulle broeiery nou?

    Ek beveel aan dat jy van die grond ontslae raak, tensy jy gesteriliseerde grond gebruik vir die doel. Gee hulle takke wat veilig is om aan te kou en toue wat hulle kan beklim. Enige iets net om hulle aandag van die los grond weg te hou.

    Laat weet gerus as daar nog iets is waarmee ons kan help.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  11. Hi Francien.
    Ek het 'n Blou Ringnek, kan dalk ook grys wees. Hy is 5 weke oud. Ek voer hom en kom al agter wat hy soek as hy begin geluide maak. Ek wil net graag weet of hy om en by dieselfde eet as 'n African Grey en of hy ook eers op 15 weke self gaan begin eet. Op hoeveel weke kan ek hom vat om sy vere te laat knip om te keer dat hy nie weg vlieg nie. Dankie Hester

    ReplyDelete
  12. Haai daar Hester. Daar is een baie belangrike punt wat ingedagte gehou moet word wanneer dit kom by voedingstye vir die baba papegaai. Hulle moet slegs 3x 'n dag hulle baba-kos gevoer word en nie meer as dit nie. Ja, 'n mens leer hulle verstaan, maar moet nie aanneem dat hulle altyd kos vra nie. Aandag sal hulle ook soek, en sodoende leer dat geluide jou aandag trek, wat vir hulle aandag beteken.

    Hulle kos is dieselde as die African Grey. Volg dit en jy behoort nie 'n fout te maak nie. Ek stel altyd voor dat daar te alle tye skoon water in hulle hok geplaas moet word sodat hulle kan leer waarvoor dit is. Gee ook 'n bietjie sade en neute wat hy aan kan knibbel. Wanneer hy al minder gewillig is om sy pap te eet wat jy aanbied, sal hy begin om homself te speen. Moet dus nie bekommerd raak as nie nie meer pap wil eet nie. Dit begin gewoonlik vanaf die ouderdom van 12 - 14 weke oud. Joune is nog baie klein en moet sy pap kry.

    Daar is nie 'n vaste reel wanneer hulle vere geknip behoort te word nie, maar sodra jy agterkom dat hy nie meer bloed-vere het nie, is dit 'n goeie tyd om jou veearts te besoek. Indien jy nie seker iss hieroor nie, stel k voor dat jy jou veearts nader vir leiding in die saak.

    Kontak ons gerus weer as daar nog vrae is.

    Groete

    Francie

    ReplyDelete
  13. Anonymous28/9/10 14:31

    Ek het 2 ringnekkies van so 14 dae oud. Gee op die stadium vir hulle 4x per dag kossies. Van wanneer af kan ek dit verminder na se 3x per dag? Op watter ouderdom begin hulle self eet? Zani

    ReplyDelete
  14. Hi, Zani. Ja, jy het jou hande vol met die twee glo ek is die geval. Jong, hulle is nog baie klein en jy moenie nou al aan sulke dink om hulle kossies te verminder nie. Ons stel altyd voor dat jy tot om en by die ouderdom van vier [4] weke daarmee moet aanhou om vier keer [4x] per dag te voer. Daar is egter een belangrike saak en dit is dat jy nie nog kos moet gee terwyl jy nog kos in hulle krop sien of voel nie. Die inhoud kan suur raak en hulle siek maak. Maak net seker hulle kroppe is dolleeg en gee dan weer iets te ete.
    Na hulle vier weke oud is, moet jy hulle kos verander na die meer growwer tipe babakos en gee net drie maal ʼn dag iets om te eet. Hiermee moet jy aanhou totdat jy na tussen 7 – 8 weke agterkom hulle is nie bereid om meer die selfde hoeveelheid te geniet nie en sal kos begin weier na ʼn paar happies. Gee net teen daardie tyd vir hulle iets om aan te knibbel soos appels of pere. Verwyder net asseblief alle pitte. Stel hulle voor aan gesonde kossoorte, hoe gouer hulle op daardie ouderdom met gewone kossies te doen kry hoe gouer gaan jy meer gemaklik voel met hulle.
    Laat weet hoe jy vorder en as jy nog hulp nodig het huiwer nie om ons te kontak nie asseblief. Hoop jy gaan hulle geniet.
    Francien

    ReplyDelete
  15. Anonymous24/7/11 12:45

    My kinders het vir my `n ringnek gekoop vir my vejaarsdag 30 Mei 2011 en hy is wild en wil net byt hulle het dit gekry dierewinkel gekoop en ek het nie `n idee hoe om hom mak te maak nie kan jy my asb help met raad

    ReplyDelete
  16. Anonymous24/1/12 11:46

    cynthia

    goeie dag ek is bekommerd oor my african grey, hy is nou 2maande en 2weke oud. hy weier om sy pap te eet. het vir hom groente wat gekook is in gesit, maar ek voel hy peusel net daar aan en kry genoeg nie en drink ook nog nie self water nie. ek het hom in ñ hok gesit want hy is nou e groot vir die mandjie waarin ek hom gehou het toe hy kleiner was, hy baklei en skrop vreeslik op die bodem van die hok, as ek hom uit haal is hy rustig. ongelukkig werk ek en kan nie anders as om hom gedurende die dag in ñ hok te hou nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi daar Cynthia
      Dit wat jy vertel is regtig interessant, want al die tekens van “groot-word” is nou in hom te vinde. Jy het rede om te voel hy eet nie genoeg nie, want wanneer hy nie meer pap wil hê nie, moet jy sorg dat hy ten minste iets eet. Gee vir hom ʼn appel, sonder die pitte, in kleinerige stukke gesny saam met rou groente –behalwe aartappels, pampoen en patats wat gaar moet wees – en dan sal hy so leer om meer te eet. Hou alles wat sout en suiker – natuurlik vette – weg en hy sal dit leer geniet. Plaas jy net die kossie in sy hok en wanneer jy vanaand tuis kom gee hom maar weer sy pap.
      Die feit dat hy so skrop en spartel is sy manier om jou te vra om uit te klim. Hulle pas nie sommer maklik aan in ʼn hok wanneer hulle eers in ʼn mandjie was nie, maar wees net geduldig en hy sal ʼn roetine aanleer. Gesels baie met hom, vertel hom wat hy te wagte kan wees, dat jy gaan werk, maar jy kom weer terug. Hulle verstaan baie goed.
      Kontak ons gerus weer as jy hulp nodig het.
      Groete
      Francien

      Delete
  17. Anonymous31/1/12 13:50

    Hi Francien

    Ek het 'n groen ringnek present gekry. Ongelukkig weet ek absoluut niks van die voëlsoort nie. Fielies is baie naby aan 1 jaar.

    Ons het dit in'n lekker groot(medium)hok vir Fielies gekoop. Op watter ouderdom gee ons watse kos? eks baie dom, maar wil baie graag vir Fielies leer om te gesels en vir dit 'n goeie gesonde lewe gee! help asb!

    ReplyDelete
  18. Goeie dag aan jou

    Kyk gerus onder voels en kies die inligting wat handel oor die African Grey, watter tipee kos hulle moet en nie moet eet nie, volg dit noukeurig en daar behoort nie 'n probleem te wees nie. Net nie suiker, sout en olie [vet] nie en dan sal hy 'n gesonde lewe leef.

    Sterkte en hoop jy kom reg.

    Groete

    Francien

    ReplyDelete
  19. Anonymous13/9/12 14:06

    Hi ag ek wil net hoor is ook nuut in di ringnek bedryf.My ringnek het nou begin broei en di eerste baba is gebore hulank na hul gebore is kan ek een uithaal om hand groot te maak.

    ReplyDelete
  20. Hi daar
    Gewoonlik wanneer hulle so twee en 'n half weke oud is, is dit veilig om hulle dan te verwyder. Jy moet hulle egter dophou aangesien die ouers na 'n sekere tyd daartoe geneig is om die kleintjies uit die neste uit te skop. Dis dan beter om hulle dan so gou moontlik te verwyder.
    Sterkte
    Francien

    ReplyDelete
  21. Hi
    Ek het twee dae terug n ringnek wyfie persent gekry, maar sy was nooit vertroetel en het nooit aandag gekry nie.
    Sys redelik wild en wil nie aan gevat word of hê iemand moet te naby haar kom nie.
    Sy praat ook nie soos my oom sn wat jonger is as sy nie.
    Hoe kan ek haar mak maak?

    Michelle

    ReplyDelete
  22. Hi Michelle

    Jy het 'n moeilike situasie hier, maar nie een wat nie oorbrugbaar is nie. Sorg jy net vir aandag, stadige bewegings naby haar hok, gaan sit 'n ent van haar af en gesels net rustig met haar. Neem 'n appel, eet daaraan terwyl jy smulgeuide maak, maar bied nie nou al iets aan nie.

    Jy sal baie geduldig met haar moet wees en moet nie nou al probeer om fisiese kontak te he nie, maar los haar totdat sy aan haar omgewing gewoond geraak en jou beter leer ken het. Soos dit deur na die tweede maand beweeg behoort sy al meer tuis te voel. Moenie dat ander haar steur of skrikmaak nie, dan neem dit langer as wat jy verwag het om haar vertroue te wen.

    Volhard en jy sal haar mak kry.

    Sterkte

    Francien

    ReplyDelete
  23. Anonymous3/2/13 11:46

    Goeie môre,

    Ek hoop iemand kan my help. Ek het drie weke gelede ‘n verlore baba kolgansie by ons Pakstoor
    Gevind. Sy het regtig baie goed aangepas by ons, aangesien ek groot voëlhokke by my huis het.

    Ongelukkig het sy op ‘n manier deurgekruip na ons Veervoet hoendertjies se hok en het hulle haar
    Erg gepik. Toe ons haar die namiddag vind het die hoenders haar koppie se vel heel afgeskeur tot
    In haar nekkie. Haar snaweltjie het ook ‘n paar pikmerke op.

    Ek het dadelik die veearts geskakel en het die voorgestel dat ons die wonde met Savlon skoonmaak
    En ‘n salf aansmeer soos Bactroban wat ons gedoen het. Ek hou haar nou binne die huis en smeer elke
    Oggend en aand steeds die salf aan. Die afgeskeurde vel het nou ‘n rand in haar nekkie gevorm en sukkel
    Sy met ‘n ooginfeksie wat ons tans met ‘n oogsalfie voorgeskryf deur ons veearts behandel.

    Sy is sterk en vreet baie goed. Sy lyk egter baie sleg met ‘n droë oop kopvel. Moet ek haar eerder laat
    Uitsit? Sal daar weer veertjies groei waar nou net vel is? Kan ek haar weer laat swem in haar swembadjie,
    Wat moet ek maak? Ek kry haar so jammer en wil nie hê dat sy moet ly nie, maar is sy sterk en voel ek
    Te sleg om haar van kant te maak.

    Ek benodig regtig dringend hulp. Baie dankie,

    ReplyDelete
  24. Joanette le Cornu8/4/13 17:11

    Waar kan ek 'n jong hand grootgemaakte kokketiel koop? Verkieslik 'n Whitefaced pearl pied, maar enige ander kleur tipe is ook reg. Carletonville/Potch/Fochville omgewing. Dankie!

    ReplyDelete
  25. Anonymous6/6/13 18:15

    HELLO ALMAL... Ek het 'n geel ringnek by my ouma gekry. eks nie seker hoe oud die voel is nie maar hy praat al goed. hy is soms baie stil... sal hy nog meer kan praat en hy was mak op 'n stadium ek wil graag he hy moet weer mak word. hy moan vreeslik as ek aan hom vat

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/6/13 10:58

      Hy mis waarskynlik nog sy ounooi. Soos julle verhouding verbeter kan hy dalk by jou leer praat.

      Delete
  26. Joanette Le Cornu11/7/13 12:09

    Waar kan ek 'n jong handgrootgemaakte kokketiel koop? Carletonville/Potch/Fochville omgewing. Kontak joanettelecornu@gmail.com Dankie!

    ReplyDelete
  27. Brenda Vd Merwe 8316/10/13 18:41

    Ek het n blou ringnek. Hy byt my wanneer hy op my skouer is wanneer ek veral op my selfoon gewerk het.wat kan ek doen om Hom te kry om op te hou.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Moet hom nie op jou skouer toelaat nie.

      Sterkte

      Francien

      Delete
  28. Hallo almal ek is Adam.
    My dogtertjie het 'n ringnek verniet gekry, maar hy was eers saam met ander in 'n hok gewees. Hy praat al so bietjie. My smeek vir hulp is hy 'SKREEU' ons ore van ons koppe af. Hy wil ook net vir my en my ma byt maar nie vir die res van die gesin nie.
    Kan iemand asb raad gee.

    ReplyDelete
  29. Hi Adam

    As jy net kon sien en hoor hoe ek vir jou gelag het, glo ek, sal jy nie dink ek is baie oulik nie. Jongie, die ringnek is bekend daarvoor om baie te skree en aanhoudend daarby. Of julle moet hom verdra of nie aanhou nie. Gewoonlik byt hulle die wie hulle nie van hou nie, maar soms sonder rede en geslag kom ook in gedrang.

    Wend maar 'n poging aan om hom tuis saam met jou, en ma, te laat voel.

    Sterkte aan julle.

    Francien

    ReplyDelete
  30. Anonymous25/2/14 13:28

    hi Adam
    Ek het n groen ringnek sy naam is bokkie baie liefde vol en luister na my as ek hom roep. Hy soek my gedurig as hy my nie sien nie hy is 4 maande oud. Wat ek wil weet op watse ouderdom praat hulle want hy maak heeltyd geluidtjies veral as hy aan die slaap gaan raak en hy kners op sy snawel ook as hy ga slap hoekom kners hy so op sy snawel. En nog n ding is hy/sy ken glad nie n hok nie as ek nog n ringnek gaan kry sal hy/sy paar as ek die regte geslagte het. En daar is nog n ek het vir my ma ook n ringnek gegee maar nou kan sy hom nie hou nie want sy het van sy stof op haar longe gekry en hy/sy is so oud soos my ringnek gaan ek problem optel met myne as ek hom/haar by my gaan kom bly want hy/sy gaan ook nie in n hok bly nie

    ReplyDelete
  31. Anonymous17/7/14 16:20

    ek het 2 ringnekke een met swart kring om die nek en een sonder een ek wil hul graag saam sit in n hok maar is bang hul baklei sal hul mekaar dood maak ek neem aan dis n wyfie en mannetjie hul is kla groot advies asb

    ReplyDelete