'n QVRP blog

Loading

20.1.09

5 Maniere om jou papegaai te bederf

Dat 'n mens se lewe gejaagd is, is nou maar seker, maar laat alles eers stil staan en kom gee jou verekinders 'n bietjie spesiale aandag. Dat julle verskillende tipe voëls besit is seker so, dan is dit nie nodig om alles op een dag te doen nie. Pas dit in 'n tydperk wat jou gaan pas. Maak dit roetine en weet jou voëlkinders gaan vir jou dankie sê. Party moet dalk per stok hanteer word en ander klim met vryheid op jou hand, maar hoe dit vir hom die veiligste voel is belangrik dat jy daarby bly.

Hierdie tydperk wat jy nou voorneem om al jou aandag aan hulle te gee, wil ek voorstel dat jy selfs jou foon afskakel sodat daar niks is wat jou aandag sal aftrek nie. Ek hoop julle gaan julle verekinders terdeë geniet.

Spandeer kwaliteit tyd saam
Hang sommer net saam uit. Laat hulle jou help om hier en daar op te tel in die huis. Laat hulle met jou praat deur dit wat jy hulle reeds geleer het oor te herhaal. Neem die tyd om nuwe woorde oor en oor te praat en antwoord terselfdertyd wat die antwoord moet wees. Laat hulle op jou klouter waar jy op die bank lê, maar beheer hulle stoutigheid ook. Wat belangrik is, is dat jou papegaai moet voel al jou aandag op hom gevestig is. Dat hy die belangrikste op daardie oomblik is. Al sit hy net stil op jou knie is dit wat hy wil hê en aanvaar dit ook so.

Deel 'n ete
Berei enige groente, vrugte, pasta of enige ander tipe voedsel waarvan jou voëlkind hou. Deel hierdie ete met hom deur saam te eet. Maak seker dat hy sien jy saam eet en deel met hom wat jy optel. Neem 'n happie vir jou en een klein happie vir hom. Gee hom sy eie lepel of vurk en nie dit waarmee jy eet nie. Leer hom sommer hoe om sy eie lepel vas te hou. Wanneer hy reg kom moet jy 'n groot ophef daarvan maak.

Interaktiewe Spel
Gebruik speelgoed wat hy geniet soos stukke tou, opgefrommelde papier, dit geniet hulle vreeslik. Enige vorms van verskillende kleur. Klein balletjies van verskillende kleure hou hulle aan die beweeg en sodoende kry hulle 'n bietjie oefeninge in. Hulle geniet dit as jy dit na hulle toe aanrol. Al skeur hy die papier op agterna, weet jy hy het pret gehad.

Nuwe Speelgoed
Wanneer jy tyd spandeer met jou papegaai moet jy van die geleentheid gebruik maak om sy hok ook 'n; bietjie te verander. Papegaaie raak verveeld met goed. Verhang sy speelgoed en plaas 'n nuwe tussen hulle in. Maar maak seker dat jy dit alreeds vir 'n paar dae naby sy hok geplaas het sodat die speelding nie te vreemd vir hom gaan wees nie. Ek stel voor dat hulle speelgoed geroteer word met oues en ook met 'n nuwe tussen die oues. Moet nooit van ou stukkende speelgoed ontslae raak, gebruik dele van ander om weer 'n nuwe te vorm. Hulle sal dit verwelkom.

'n Heerlike stort
Geen sessie is voltooi sonder 'n stort nie. Laat hom homself geniet in die wasbak, of op sy geliefde manier. Sproei hom met sy sagte sproeibottel, of hoe hy ookal daarvan hou. Wat hulle keuse ook mag wees, maak dit 'n fees vir hulle.

Dit is van uiterste belang dat jou papegaai voel jy het deel aan sy lewe. Net soos ons spesiaal wil voel, net so hulle ook. Daar is soveel intelligensie teenwoordig en interaksie help hulle om dit te ontwikkel.

 

skrywer: Francien Mare

1 comment :

  1. Hello my Ringnek het n voorige einnaar gehad wat oorlede is en hy kry pratykeer stil stype wat hy glad nie met ons wil praat nie vandag weer lekker gesels kan hy rou kool eet?het nie gegee nie vra maar net of hykan
    my naam is Tanya van Niekerk.

    ReplyDelete