Toiletgewoontes van honde

Jogurt is net so goed vir jou hond as wat dit vir jou is. Gee dit vir hom indien sy / haar maag omgekrap is.

Vlieë op die honde

Vir vlieë op die honde maak mens 'n aftreksel van khakibos. Was jou hond daarmee en spuit dit ook op sy beddegoed.

Dit help ook vir bosluise en vlooie.

bydrae: Anoniem

Beseerde hond

Voordat 'n beseerde hond hanteer word, is dit raadsaam om eers sy bek toe te bind met 'n sakdoek of 'n verband.

Wolfie

Ons het einde November 'n optelhondjie bygekry - hy was toe maar so min of meer 8 weke oud. Hy sou oorspronklik net bly terwyl ek vir hom 'n ander huis soek, maar hy is nou deel van my hondekinders - daar was 3 en nou is hul 4, drie seuns en een dogter.

Ons het nie 'n idee wat alles in sy bloed vloei nie, maar sover ons kan agterkom, is daar Labrador, Doberman pincher en 'n Pug iewers in die familie. Hy het die pels van 'n Labrador, die bou en grootte van Doberman pincher en 'n krulstert soos 'n Pug. Wanneer hy slaap is sy stert reguit. Noudat hy bietjie ouer is begin sy gesiggie al meer soos 'n "miniatuur" wolfhondjie lyk. Hy is 'n bondel liefde en Savannah dink nou dit is haar baba.




bydrae: Tharine Vorster

Zeus en Mika

As kind nooit troeteldiere gehad nie. Was nooit regtig 'n diere mens nie. Vyf jaar gelede het ons 'n huis laat bou. My vrou het vir my die Weimeraners as dak-nat-maak-geskenk gegee. Wat 'n plesier. Hoewel ons eers na 2 jaar kon tuin aanlê, nadat ek die FIDO elektriese stelsel ontdek het, (spesifiek vir troeteldiere) is hulle die beste wat ooit in my lewe gebeur het. Hulle het vol toegang tot die huis, nog nooit in die huis gemors nie en het 'n ongelooflike temperament en lojaliteit, wat ek glo is 'n eienskap van die ras.







bydrae: Andre Voster

Die kinders

Onder is Jaco en Mandy se kinders. Hulle is nou regtig ons lewe. Die klein Boetie het sommer dadelik in on harte ingekruip. Noekies het nou omtrent 9 lewens, nes 'n kat. Sy het van die huis se tweede verdieping afgeval en op haar koppie beland. Sy is ook deur 'n pofadder gepik en sy leef nog steeds. Muis se regte naam is Casey, maar ek noem haar Muis. Natuurlik pa se meisiekind en die oudste van die drie. Ons woon teen die kus en natuurlik is die kinners mal oor swem. Ek moet net keer of die branders slaan hulle om. Boetie bad regtig twee keer per dag. As ek in die stort klim en hy hoor die water dan is dit nie lank nie, of die klein man wil ook in. As Mandy uit die bad klim spring hy sowaar binne-in. Hy wil ook nie uitklim nie. Hy druk sy kop onder die water en maak borrels. Ek weet nie of dit altyd gesond is vir hom om so baie te bad nie? Ons is baie lief vir hulle en hulle is net so lief vir ons.





bydrae: Jaco

Hunter en Blikkies



Hier is 'n foto van Tharine Vorster se twee seuns. Hunter is die Labrador en Blikkies die Doberman pincher. Hulle twee is bietjie deurmekaar, Blikkies dink hy is die groot hond en Hunter dink hy is die klein skoothond. Hulle is heel beste maatjies en hou van "katte(honde)kwaad". (Tharine Vorster)